Hilton Hotel 7de keer beste in Namibiu00eb
Hilton Hotel 7de keer beste in Namibiu00eb

Hilton Hotel 7de keer beste in Namibië

Francoise Steynberg
Vir die sewende agtereenvolgende jaar het die Hilton Hotel in Windhoek met die World Travel-toekenning vir 2019 as die beste hotel in Namibië weggestap. “Ek is trots op ons Namibiese span, hul gasvryheid en toewyding. Die toekenning is ’n groot eer vir ons en ons streef daarna om dit vir die volgende sewe jaar te wen,” het die hotelbestuurder, mnr. Martin Voskamp, gesê. Die Hilton Hotel het agt jaar gelede sy deure in die hoofstad oopgemaak. Foto Facebook

Kommentaar

Republikein 2025-07-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer