Hiert, Helalia!

Republikein het gaan inloer by Namibië se Statebondspele-heldin.
Denver Kisting
Denver Kisting – Ek sit en voel skuldig omdat ek aan ’n welige sny wortelkoek weglê toe ons Statebondsensasie ’n paar minute laat by my aansluit.

Onopgesmuk stap Helalia Johannes by die koffiekroeg in – sonder enige fieterjasies of tierlantyntjies.

Dit is nou maar ’n paar weke sedert sy en Junius Jonas Junius opnuut vir Namibië op ’n wêreldverhoog trots gemaak het – sy op die langpad en hy in die kryt.

My skuldige gewete is ek genadiglik in ’n oogwink kwyt toe Helalia aandui sy sien sélf kans vir ’n sny van daai vogtige wortelkoek.

Sy bestel Appletizer, haar gunsteling dorslesopsie. Die restaurant se appelbruisvoorraad is egter op en die naelloper knik toe die kelnerin Grapetizer aanbied.

Helalia is bykans 38 jaar gelede op 13 Augustus in die Oshali-nedersetting in die Ohangwenastreek gebore.

Oshali, vertel sy, is tussen Ondangwa en Helao Nafidi geleë.

Helalia, die ousus

Sy is die oudste van sewe kinders – twee broers en vyf susters.

Haar pa is lank terug oorlede en haar 59-jarige ma woon deesdae in die Oshiyashomatope-nedersetting in die Oshikotostreek.

Sy het op 15, toe sy nog in die laerskool was, begin hol, vertel die nederige vrou. Die band tussen dié sport en ons ystervrou is egter van meet af gesmee. “Ek het net van die begin af van hardloop gehou.”

Vir die eerste klompie jare totdat sy 18 geword het, het sy net die 800 m gedoen – twee keer om ’n deursneebaan.

Hier teen 19-jarige ouderdom tot rondom haar 22ste verjaardag het die hardloopente geleidelik toegeneem tot 3 000 m en 5 000 m, maar steeds net op die baan.

Paddebuut kom

Op 22 het sy haar buiging op die pad gemaak. Aanvanklik het sy haar net daarop toegespits om 10'e en 21's kaf te draf, onthou sy dié mylpale sowat 15 jaar terug.

Daai eerste 10 km was egter loutere hel, sê sy. “Ek het dit nie geniet nie omdat ek geen ervaring op die pad gehad het nie.”

Toe sy uiteindelik die 10 km onder die knie het, het sy haar visier op die 21 km begin stel. Haar halfmarathonbuiging was eweneens geen 'walk in the park' nie, sê sy. “Maar net die eerste een was moeilik. Die tweede een was heel maklik.”

Hoe meer haas, hoe méér spoed

Ek verstik bykans in my rooibos toe sy onthul sy het daai eerste 21 km wat “só moeilik” was in net een uur en 25 minute afgeransel. Teen die tweede een het sy al haar tyd met sewe minute verkort.

Sy is duidelik ’n vrou wat afwisseling hoog aanskryf. Tussen die padwedlope het sy veldwedlope ook op die proef begin stel.

Só het sy haar weg keer op keer deur verskeie hindernisse gevind en groot genot én waarde daaruit geput. “Ek het dit geniet omdat dit my sterker gemaak het.”

Voor sy haar eerste volledige marathon – 42 allemintige kilometer – aangedurf het, het sy as pasaangeër die toon vir ander marathonners aangegee. Sy vertel jy maak dan die helfte van dié reis mee.

Teen die einde van 2007 was dit háár beurt om staal te wys op die 42 km-front.

Haar buiging maak sy in Dublin, wat sedertdien haar gunsteling stad geword het. Sy sê sy is versot op die matige weer in die Ierse hoofstad. “Dis nooit té warm of té koud nie.”

Hiernaas is sy mal oor die vriendelike mense en beïndruk met hoe noukeurig hulle hul wedlope reël.

Langer as ’n dekade sedert daai maagdemarathon onthou sy steeds met trots hoe sy daai dag ’n Namibiese nasionale rekord in die stof laat byt het.

In niks meer as twee ure en 35 minute het sy daai wintersoggend laat in 2007 die weg gebaan vir groter dinge.

Tweede keer gelukkig

Die afgelope Statebondkampioenskap was Helalia se tweede een.

In 2014, haar eerste keer, het die noodlot haar drome in die wiele gery. Sowat 27 km al aan die gang het sy ’n spier geskeur. Dít kon egter nie dié ma van die tweejarige Honour stuit nie – sy het die geloof behou en die wedloop voleindig, flenter spier ten spyte.

Boonop het sy tot 500 m voor die wenstreep die derde posisie behou. Uiteindelik was sy die vyfde vrou oor die eindstreep ná twee Australiese asters haar in die doodsnikke verbygesteek het.

Vanjaar se ervaring was in ’n gans ander liga, vertel Helalia op haar besadigde manier.

En daarvoor móét sy Namibië se Nasionale Olimpiese Komitee bedank: “Hierdie keer het hulle ons geborg om ’n oefenkamp in Potschefstroom by te woon.”

Hier aan die hoë-intensiteitsentrum by die Noordwes-Universiteit is hul holvaardighede ’n hele maand lank in Maart geslyp. “Ek het só baie geleer. Daardie mense het die fasiliteite wat ons nie in Namibië het nie. Ek het atlete van oor die hele wêreld ontmoet en saam met hulle geoefen.”

Wat veral uitstaan van die opleiding daar, is hoe hulle geleer is om ná ’n lang wedloop te herstel. Nou weet sy byvoorbeeld hoe groot ‘n verskil ’n ysbad maak en dat dít potensiële seer spiere se moses is.

Toe sy nou die dag Doer Onder in haar tweede Statebondspele gaan meeding, was sy ’n vrou met ’n sending: Nie eens op eie bodem sal ’n Australiese vrou haar weer háár medalje ontneem nie.

Hier teen 35 km se koers het sy net diep in haar binneste gewéét hierdie een is hare en goud sou haar terugvergesel huis toe na haar hart se punt, Honour, en haar lewensmaat, Jafet Utoni.

Twee kilometer later het sy begin voorloop. Presies twee ure en 32 minute nadat die wegspringskoot geklap het, het sy omgekyk en gesien hoe ver agter die ander was en dat die oomblik hare was. “Dit was ’n onvergeetlike ervaring.”

Vir diegene wat nie weet nie, dit lyk asof Statebondoorwinnings die goue draad in dié egpaar se huwelik is. Utoni het self al ‘n goue medalje by dié spele verower. Die bokser se oomblik van glorie was tydens die 2011-spele in Melbourne.

Hulle vier vandeesmaand hulle sewende huweliksherdenking en vind inspirasie by mekaar.

Haar geloof is egter haar hoofanker, vertel sy. “God is só goed vir my. Dit is deur sy genade dat ek vandag is wie ek is. Hy is my rots en ek kan niks sonder Hom doen nie.”

Hoewel sy nie té hard op haarself is wanneer sy herstel of rus nie, en derhalwe saam met my aan koek kon smul, vertel sy dat sy tydens voorbereidingsessies let op wat sy eet.

Ontbyt bestaan dan dikwels uit eiers, ’n bietjie boontjies, bruinbrood en rooibostee.

Middagetes word maar meestal lig gehou en kan ’n bietjie pasta en klein bietjie vleis beslaan.

Saans eet sy tydens hierdie tydperke mahangu en vis of hoender.

Haar afrigter by die Namibiese weermag waar sy onlangs tot adjudantoffissier bevorder is, is mnr. Robert Kaxuxuena.

Hy maak seker hulle wissel kort, kragtige afstande af met langer, meer bestendige holsessies, en tussendeur kom krag- en uithou-oefeninge aan die beurt. Dié skedule word ses dae ’n week nougeset gevolg voor daar op die sabbat gerus mag word.

Sy aarsel kwalik toe ek haar pols oor haar grootste lewensdroom. “My grootste droom was om goud te verower tydens my loopbaan.”

Haar raad aan aspirantmarathonners is om van die strate af weg te bly en hulle nie aan alkohol te vergryp nie. “Dít sal hulle nie help om hul drome te verwesenlik nie.”

Die geheelonthouer sê voorts: “Jy moet weet wat jy wil hê sodat jy kan weet waarheen jy op pad is. Daarnaas moet hulle ook dissipline, toewyding en selfvertroue hê.”

Ons groet en mý tam post-halfmarathon lyf voel opnuut geïnspireer en my gees aangewakker.

Helalia se gunstelinge

(1) Kos: Rys

(2) Drankie: Appletizer

(3) Skrywer: Joyce Meyer

(4) Stad: Dublin, Ierland

(5) Musiek: Gospel

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 20.15 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.09/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.82% | Zinc US$ 2 875.40/T UP 0.74% | Brent Crude Oil US$ 89.28/BBP UP +0.43% | Platinum US$ 914.57/OZ DOWN -0.0014 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 20.15 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.09/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.82% | Zinc US$ 2 875.40/T UP 0.74% | Brent Crude Oil US$ 89.28/BBP UP +0.43% | Platinum US$ 914.57/OZ DOWN -0.0014