Hier kom die Bachelorette SA!
M-Net het Sondagaand aangekondig die eerste plaaslike seisoen van The Bachelorette gaan later vanjaar verfilm word.
Die eerste Suid-Afrikaanse Bachelorette is intussen onthul as die model en aktrise Qiniso Van Damme.
M-Net, vervaardiger van die eerste reeks van The Bachelorette SA, het Woensdagaand bekend gemaak wie die een is wat 20 enkellopende mans om haar pinkie sal kan draai.
Van Damme was die eerste vrou wat in die tweede reeks van The Bachelor SA haar pad oor die rooi tapyt na Marc Buckner gevind het.
“Sy was die eerste een om die #BachelorNation met haar groot glimlag, borrelende en ‘wat-jy-sien-is-wat-jy-kry’- persoonlikheid te beïndruk,” het M-Net Woensdagaand in ’n verklaring gesê.
Nou kry sy ’n tweede kans om die man van haar drome te vind, en dié keer een wat sy self kies.
M-Net het Sondagaand aangekondig dat die eerste plaaslike reeks van The Bachelorette later vanjaar verfilm gaan word.
Suid-Afrikaners praat al sedert dié aankondiging oor wie hulle hoop en dink die eerste Bachelorette gaan wees.
Lani Lombard, M-Net se publisiteitshoof, sê Van Damme was sedert haar eerste verskyning op The Bachelor SA die kykers se gunsteling.
“Ons glo Qiniso sal opwinding en passie verskaf, soos waarvoor The Bachelorette in ander lande bekend is.
“Die rol sal haar soos ’n handskoen pas.”
Lombard sê “Queen Qiniso” het al die eienskappe wat vir ’n man onweerstaanbaar sal wees. “Sy is eksentriek, aantreklik, slim, borrelend, vriendelik, dinamies, vol selfvertroue en is altyd haar ware self. Alles eienskappe wat enige suksesvolle man na haar toe sal aantrek.”
Lombard sê die tydsberekening is ook perfek vir Van Damme omdat sy nou op ’n plek in haar lewe is waar sy na iemand spesiaal op soek is om saam mee nes te skop.
Mans wat dink hulle staan ’n kans om Van Damme se hart te wen, kan al Woensdagaand hul inskrywingsvorms op M-Net se webtuiste invul.
As hy my kan laat lag, sal dit beslis tot sy voordeel wees. Dalk ook as hy ’n bietjie langer as ek is.
Van Damme se lysie van voorkeure is nie te lank of uitspattig nie, blyk dit uit die verklaring.
“Ek is steeds enkellopend, so duidelik het ek nog nie dié ou ontmoet nie. Ek is oop vir enige soort aantreklike man met ’n pragtige persoonlikheid. As hy natuurlik dink ek kan die vrou vir hom ook wees.”
Van Damme sê sy soek ’n man wat nie bang is om homself te wees nie, trots is om ’n Suid-Afrikaner te wees en bereid sal wees om saam met haar te groei.
“As hy my kan laat lag, sal dit beslis tot sy voordeel wees. Dalk ook as hy ’n bietjie langer as ek is.
“Die manne moet nie skaam wees nie, hulle moet my kom verras! Ek wil graag enige man met ’n omgee-hart, wat gaaf, vriendelik en eerlik is, beter leer ken.”
M-Net beplan om die reeks vroeg volgende jaar uit te saai.
Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie