Herstel internet, toegang tot sosiale media in Zim
Herstel internet, toegang tot sosiale media in Zim

Herstel internet, toegang tot sosiale media in Zim

Die organisasie Committee to Project Journalists en die #KeepItOn-koalisie is bekommerd oor die uitdowing van internetdienste in Zimbabwe.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Om mense in Zimbabwe die gebruik van internetdienste te ontneem, is ‘n skending van hul menseregte en benadeel die ekonomie.

“Ons raam die huidige uitdowing gaan die land sowat US$5, 7 per dag aan direkte ekonomiese verliese kos, terwyl dit ‘n demper sal plaas op die ekonomiese, sosiale en kulturele regte van mense.”

So lui ‘n brief wat Dinsdag aan mnr. Kazembe Kazembe, minister van inligting- en kommunikasietegnologie en kubersekuriteit in Zimbabwe, gestuur is. Die organisasie Committee to Protect Journalists (CPJ) het daarin sy stem by dié van die koalisie #KeepItOn gevoeg en ‘n beroep op die buurland se owerhede gedoen om die reg op vryheid van spraak te eerbiedig en mense toe te laat om dié dienste te gebruik.

'n Afskrif van die brief is aan Republikein gestuur.

Die #KeepItOn-koalisie bestaan uit 170 organisasies in 60 lande, terwyl CPJ ‘n Amerikaanse nieregeringsorganisasie is wat wêreldwyd teen vergrype teen joernaliste opstaan.

Die Zimbabwiese regering het volgens berigte Dinsdag toegang tot die internet in dié land onderbreek. Mense kan gevolglik nie via sosialemediaplatforms soos Facebook, Twitter en WhatsApp kommunikeer nie.

Onluste het Maandag in dié land uitgebreek en ten minste drie mense is deur die gewapende magte van pres. Emmerson Mnangagwa doodgeskiet. Dit volg ná die regering se aankondiging dat die pryse van petrol en diesel meer as verdubbel.

Zimbabwe beleef een van sy ergste ekonomiese krisisse in meer as ‘n dekade.

CPJ en die koalisie sê die uitdowing van die internet belemmer die vrye vloei van inligting en skep ‘n toestand van geheimhouding. Dit bring mee dat menseregteskendings uit die openbare oog gehou word. "Joernaliste kan nie hul bronne kontak, inligting insamel of berigte oplaai sonder toegang tot die internet nie.

"Dit ontneem burger ook van toegang tot lewensbelangrike inligting, e-sake en nooddienste," lui die brief.

Verder wys hulle die minister daarop dat hierdie situasie gemeenskappe in 'n toestand van vrees dompel.

Hulle vestig voorts sy aandag op ‘n studie in 2016 wat getoon het internet-uitdowing het tussen 2015 en 2016 tot ekonomiese verliese van US$2,4 miljard wêreldwyd gelei.

Die raming is dat Zimbabwe US$5,7 per dag aan direkte ekonomiese verliese sal verloor.

Hulle wys die minister ook daarop die Menseregteraad van die Verenigde Nasies (VN) sowel as die Algemene Vergadering verskeie resolusies aanvaar het waarin internet-uitdowings onomwonde veroordeel word.

Kazembe word versoek om seker te maak internettoegang en die gebruik van sosiale media word herstel. Verder dring hulle aan dat die regering in die openbaar sy voorneme verklaar om seker te maak dat dié dienste beskikbaar sal bly.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A