Hersiene beleid oor mens-dier-konflik onder vergrootglas
Families van oorledenes wat weens mens-dier-konflik gesterf het, kan met N$100 000 vergoed word as die kabinet die hersiene nasionale beleid oor mens-dier-konflikbestuur goedkeur.
Die minister van die omgewing en toerisme het 'n verhoging van die huidige vergoeding van N$5 000 voorgestel, het mnr. Colgar Sikopo, direkteur van parke en wildbestuur, Maandag op Rundu tydens 'n konsultasievergadering oor die wetsontwerp op beskermde gebiede en wildbestuur, gesê.
“Hierdie betalings geld in gevalle waar 'n mens deur die toedoen van 'n wilde dier gesterf het. Sulke gevalle moet egter aan sekere kriteria voldoen,” het Sikopo gesê.
Die hersiene beleid oor mens-dier-konflikbestuur moet nog deur die kabinet goedgekeur word en sal menslike sterftes en beserings dek, asook verliese aan vee en skade aan gewasse.
Mnr. Romeo Muyunda, ministeriële woordvoerder, het gesê die ministerie stel verhoogde betalings voor ná klagtes ontvang is dat die huidige vergoeding nie vergelykbaar is met die verlies wat mense ervaar nie.
Muyunda het gemeenskappe egter gewaarsku om nie opgewonde te raak oor die voorgestelde bedrae nie, aangesien dit nog nie goedgekeur is nie.
“In hierdie stadium kan ons nie die voorgestelde bedrae en volledige inligting bekend maak nie, want dit kan enige tyd verander," het hy verduidelik.
Die goewerneur van die Kavango-Wesstreek, me. Sirkka Ausiku, wat ook die konsultasievergadering bygewoon het, het gesê meer konsultasies oor die voorgestelde betalings is nodig.
“Jy kan nie 'n geldwaarde aan ’n mens heg nie. Wat die ministerie ook al doen, daar moet voldoende konsultasie wees," het Ausiku gesê. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie