‘Herroep wette wat veilige aborsies keer’

Sterftes voorkombaar

01 October 2019 | Gesondheid
Die Vigs- en Regte-alliansie vir Suidelike Afrika (Arasa) het ‘n beroep op regerings gedoen om wette te herroep wat vroue en jong meisies daarvan weerhou om veilige aborsies te hê.

Arasa het op 28 September, Internasionale Veilige Aborsiedag, ook versoek dat beleidsrigtings en praktyke vir gesondheid geïmplementeer word wat vroue se integriteit en outonomie oor hul liggame respekteer.

Volgens Arasa is sterftes weens onveilige aborsies voorkombaar.

Onveilige aborsies is wêreldwyd die derde grootste oorsaak van sterftes onder swanger vroue.

‘n Geraamde 22 800 vroue sterf jaarliks wêreldwyd as gevolg hiervan.

In Afrika is 99% van aborsies onveilig en lei tot die dood van een uit 150 swanger vroue.

Arasa sê in ‘n verklaring die direkte verband tussen wette wat aborsie ‘n misdaad maak en sterftes en beserings onder swanger vroue kan nie geïgnoreer word nie.

Sowat 93% van vroue van ‘n reproduktiewe ouderdom in Afrika woon in lande met beperkende aborsiewette.

Tans maak net vier lande in Afrika – Kaap Verde, Mosambiek, Suid-Afrika en Tunisië – voorsiening vir die beëindiging van ‘n swangerskap sonder die beperkings van ‘n voorgekrewe swangerskapstermyn.

Die verklaring sê bewyse toon beperkende aborsiewette verminder nie die aantal aborsies nie, maar dwing vroue om onveilige aborsies in die geheim te laat uitvoer, wat hul lewens en gesondheid bedreig.

“Vroue wend hulle tot onwettige en dikwels baie gevaarlike aborsiemetodes, wat insluit die inneem van giftige middels en die plaas van vreemde voorwerpe in hul baarmoeder, wat ernstige trauma veroorsaak,” lui die verklaring.

Die uiteinde is dat sewe uit ‘n duisend vroue van reproduktiewe ouderdom in Afrika jaarliks vir komplikasies weens onveilige aborsies behandel word.

Arasa sê om aborsie as ‘n misdaad te verklaar, benadeel vroue wat reeds gemarginaliseerd is.

“Die armste vroue met die minste hulpbronne is die meeste geneig tot komplikasies weens onveilige aborsies. Vroue wat met MIV leef en swanger raak, ervaar dikwels stigma en diskriminasie van gesondheidswerkers.”

Volgens Arasa is daar berigte van vroue wat MIV-positief is, wat veilige aborsies geweier is of gedwing word om in te stem tot sterilisasie om sodoende toegang tot aborsiedienste te verkry.

Vroue wat dwelms gebruik of sekswerk doen, word ook gestigmatiseer en bykomende struikelblokke staar hulle in die gesig om toegang tot inligting en dienste vir die beëindiging van ‘n swangerskap te kry.

Arasa sê ook die hoë voorkoms van onveilige aborsies word direk verbind met die onvervulde behoefte aan moderne voorbehoedmiddels in Afrika.

Sowat 58 miljoen vroue van reproduktiewe ouderdom op die vasteland wil ‘n swangerskap vermy, maar gebruik nie voorbehoedmiddels nie of gebruik tradisionele metodes wat minder doeltreffend is.

“Deur toegang tot inligting en dienste vir seksuele en reproduktiewe gesondheid en regte te prioritiseer en ook wetlike en struikelblokke in beleid te verwyder, is ‘n noodsaaklike mensereg,” sê me. Michaela Clayton, Arasa se direkteur.

“Ons doen ‘n beroep op ons leiers en vennote om aan te dring op ‘n ‘nuwe normaal’ waar meisies en vroue oor hul liggame, lewens en toekoms besluit; waar gemeenskappe die reg tot liggaamlike outonomie en integriteit respekteer en ophou om polisieman oor vroue se liggame te speel; waar regerings besluit vroue se lewens is die moeite werd om te red,” het sy gesê.

Soortgelyk

 

Bank en depot sal nie sluit nie, sê Peya

27th of May 10:43 | Regering

Denver Kisting – Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, dr. Peya Mushelenga (foto, Nampa), sê mnr. Knowledge Ipinge, raadslid van die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling, het...

Namibië het nou 22 bevestigde Covid-19-gevalle

27th of May 10:35 | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19, geval nr. 22, is in 'n kritieke toestand en gekoppel aan 'n ventilator in 'n intensiewesorgeenheid aan die...

B-dag: Maak of breek

10 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Dolleë staatskoffers eerder as hemelhoë besteding is waarskynlik finansminister Iipumbu Shiimi se grootste uitdaging wanneer hy vanmiddag Namibië se moeilikste begroting sedert...

Stigma jeens lorriedrywers kwel

10 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer en Francoise Steynberg – Lorriedrywers wat Namibië van noodsaaklike lewensmiddele voorsien en seker maak produkte bly op winkelrakke, bevind hulle terselfdertyd aan die...

‘Hongerpandemie’ lê vir wêreld op loer

10 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle RademeyerDie wêreld se ekonome en beleidmakers twyfel nie meer daaraan dat die wêreldekonomie weens die Covid-19-krisis in ’n resessie gedompel gaan word nie. Trouens,...

Weer vir 27 Mei 2020

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik, maar andersins gedeeltelik bewolk en matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en matig tot warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Polisie lê beslag op sestig bokse vol drank

10 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die Namibiese polisie het Maandag knap ná middernag in Pionierspark op 60 bokse drank beslag gelê.Drie verdagtes is in hegtenis geneem, het...

Chaos toe jonges op vulstasie afpyl

10 ure gelede | Ongelukke

Drie jong mans wie se name in dié stadium onbekend is, het op 23 Mei om 01:00 'n ongeluk by die Total-vulstasie in Outjo veroorsaak...

Stappe by Covid-drywer se stoppe

10 ure gelede | Gesondheid

Leandrea Louw en Denver Kisting – 'n Handelsbank op Walvisbaai wat 'n Covid-19-geval onlangs besoek het, sê hulle het die personeel van daardie dag vervang...