Herrie oor aand in Nelson Mandela se sel
Die bestuur van Robbeneiland sê onder geen omstandighede sal hulle ooit toelaat dat iemand in oudpres. Nelson Mandela se tronksel oorslaap nie.
Dit volg nadat dit geadverteer is dat 'n aand in dié sel by vanjaar se CEO SleepOut, wanneer uitvoerende hoofde van verskillende maatskappye vir 'n nag op straat slaap om geld in te samel vir minderbevoorregtes, opgeveil sou word.
Die advertensie lui as volg: “Robbeneiland-kamerbod. Daar is ook die eenmalige geleentheid om in Madiba se persoonlike selnommer – 7 te oornag wat opgeveil gaan word met die openingsbod van US$250 000.”
Dit het 'n hewige debat op sosiale media tot gevolg gehad en baie meen dit was onsmaaklik.
Morongoa Ranaboa, woordvoerder van Robbeneiland, het op navraag gesê hulle is 'n wêrelderfenisterrein en sou “nooit Mandela se sel aan enigiemand aanbied nie”.
“Ons kan dit nie doen nie. Ons is verantwoordbaar teenoor 'n verskeidenheid liggame, en boonop behoort dit aan die nasie, so watse reg het ons om Mandela se sel of enige ander sel op te veil.”
Die geleentheid sou op 18 Julie – op wat Madiba se 100ste verjaardag sou wees – gehou word, maar Ranaboa sê die organiseerders het onttrek en gevra vir 'n uitstel tot November.
Meer as 60 plaaslike en buitelandse sakeleiers en bekendes is na die geleentheid genooi.
Liane McGowan, woordvoerder van CEO SleepOut Movement, het aan AFP gesê die voorstel was om die tronksel op te veil om geld in te samel om gevangenes op te lei en verder te laat studeer.
Sy het gesê die datum waarop die fondsinsameling gehou gaan word, was nog nie bepaal nie.
– Netwerk24/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie