Heroïen is 2de grootste uitvoer van Mosambiek
Volgens data van die sentrale bank het die waarde van Mosambiek se steenkooluitvoere verlede jaar meer as verdubbel.
Mosambiek spog met yslike steenkool-, robyn- en gasafsettings, maar een van die grootste uitvoere van die suidooste van Afrika is dalk iets meer onheilspellend: heroïen.
Narkotika ter waarde van soveel as US$800 000 (ongeveer R10,9 miljoen) word verskeep vanaf sy strande na buurlande en Europa. Dit is volgens 'n navorsingsverslag deur Enact, 'n inisiatief wat deur die Europese Unie gefinansier is om die uitwerking van transnasionale georganiseerde misdaad te versag, en 'n verwante werkstuk deur Joseph Hanlon, besoekende senior genoot aan die Londense Skool vir Ekonomie en Politieke Wetenskap.
“Mosambiek is 'n noemenswaardige vervoersentrum van heroïen en handel daarin het tot 40 ton of meer per jaar gestyg, wat dit 'n groot uitvoerder maak wat tot US$100 miljoen per jaar tot die plaaslike ekonomie bydra,” sê Hanlon.
“Met 'n groot uitvoerwaarde van US$20 miljoen ton is heroïen waarskynlik die land se grootste of tweedegrootste uitvoer ná steenkool.”
Volgens data van die sentrale bank het die waarde van Mosambiek se steenkooluitvoere verlede jaar meer as verdubbel tot US$1,7 miljard, soos produksie en pryse gestyg het.
Heroïen wat in Afghanistan en Pakistan vervaardig is, word verskeep na Mosambiek se kus met motoraangedrewe houtbote en kan tot 'n ton van die dwelm in versteekte kompartemente vervoer, volgens die Enact-verslag.
Van daar word dit met paaie na Suid-Afrika vervoer.
Sommige word aan plaaslike gebruikers verkoop, maar die meeste van die heroïen is bestem vir Europa, sê die navorsers, wat Mark Shaw, Simone Haysom en Peter Gastrow insluit.
Mosambiek se kuslyn van 2 470 km word al eeue lank deur maritieme handelaars gebruik. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie