Hepatitis E-uitbreking in Omusatistreek
Sedert gister het die Omusatistreek 45 gevalle van Hepatitis E aangeteken, waarvan 10 deur laboratoriumtoetse bevestig is. Die meerderheid van dié gevalle is uit die Tsandi-distrik afkomstig. Tot op hede is geen sterfgevalle aangemeld nie.
Volgens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste sal ’n span kundiges uit Windhoek Vrydag na die streek vertrek waar hulle alle kontakpersone van bevestigde gevalle sal naspoor om die bron van die infeksie te probeer vasstel. Die span sal voorts wenke met die onderskeie gemeenskappe deel oor hoe om hulself teen die siekte te beskerm.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie