Hepatitis E saai amok
Hepatitis E saai amok

Hepatitis E saai amok

Verlede week is bykans 90 nuwe gevalle van die dodelike hepatitis E-virus aangemeld.
Denver Kisting
Denver Kisting - Die hepatitis E-storm wat tans oor Windhoek woed, eis weekliks meer gevalle.

Naas vier sterftes is verlede week alleen bykans 90 nuwe gevalle in die hoofstad aangemeld.

Die siekte het 'n x-jarige seun en drie hoogswanger vroue se lewe geëis. Twee van die babas is doodgebore en een het oorleef.

Dr. Thomas Handzel, ‘n Amerikaanse kenner op die gebied van groot siekte-uitbrekings, het Donderdagaand tydens ‘n lesing gesê dié virus wis jaarliks tussen 50 000 en 70 000 mense wêreldwyd uit. Daarnaas word nagenoeg 21 miljoen gevalle elke jaar aangemeld, sê hy.

Die huidige uitbreking in die Namibiese hoofstad het met die eerste geval op 14 Desember verlede jaar aan die lig gekom.

Met die onlangse styging van 89 nuwe gevalle, bring dit die aantal mense in Namibië wat vermoedelik hepatitis E onder lede het op 643 te staan.

In dié stadium loop twee informele nedersettings aan die buitewyke van Windhoek, Havana en Goreangab, die ergste deur. Volgens die deskundige hou dit verband met mense in dié gebiede wat nie oor genoegsame toilet- en handewasgeriewe beskik nie. “Daar is baie buite-ontlasting waar mense van die bosse gebruik maak.”

Hoewel die siekte tans net in dié dele aangemeld is, kan die virus na ander gebiede in Windhoek versprei omdat mense rondbeweeg, waarsku hy.

Handzel het beklemtoon mense wat tussen 26 en 39 jaar oud is en hoogswanger vroue val die meeste ten prooi van die virus.

Na wat verneem word, was die vroue in die derde trimester van hul swangerskap.

Ministerie spook om by te hou

Die waarnemende permanente sekretaris, me. Petronella Masabane, sê: "Die ministerie het nog altyd die uitbreking as ernstig beskou, derhalwe is dit in die eerste plek as 'n uitbreking verklaar. Dit is ook die rede hoekom alle rolspelers hierby betrek is."

Masabane het voorts gesê alle siektes wat in water voorkom, word waarskynlik deur reën vererger veral onder omstandighede van onvoldoende sanitasie, soos in dié geval.

Handzel sê hy is versigtig om te bespiegel hoe die huidige situasie gaan ontvou. So welkom soos die reën is, kan die nat toestande dinge vererger. Hy sê Windhoekers moet aanhou waaksaam wees en voorbereid bly. “Ons mag dit nie ligtelik opneem nie.”

Hy sê die virus kan bestry word deur onder meer meer waterpunte op te rig en water met meer chloor te behandel. Volgens hom bestaan geen beslissende navorsing dat meer chloor water nadelig beïnvloed nie, hoewel dit 'n onaangename smaak veroorsaak. Daarnaas moet watergehalte deurlopend getoets word, en inwoners van die jongste inligting voorsien en opgevoed word.

‘n Inwoner van Havana, waar 26% van die huidige uitbrekings aangeteken is, het Vrydag aan Republikein gesê sy verkies om nie van die opgerigte punte gebruik te maak nie omdat dit volgens haar meer onhigiënies is as groot getalle mense van die enkele toiletgeriewe gebruik maak. “Ek en my kinders gebruik die bos en dan was ons net ordentlik ons hande met seep en water,” sê die vrou, wat ‘n huishulp is.

Benewens geelsug sluit ander simptome van hepatitis E buik- en hoofpyn, koors en moegheid in.

KASSIE:

Intussen waarsku die Windhoekse stadsraad dat die oprig van tussentydse toilette en handewasstasies nie beskou moet word as die stad se goedkeuring van onwettige grondbesetting in die geraakte gebiede nie.

Die stadsraad het by monde van sy woordvoerder, me. Lydia Amutenya, gesê hul hoofdoel is om die verspreiding van die virus te bekamp. “Ons probeer die situasie hanteer te midde van baie siektes wat hoofsaaklik in informele nedersettings voorkom waar sanitasie ‘n uitdaging is.”

Inwoners moenie hul hulp verkeerd verstaan nie, sê sy. “Inwoners moet kennis neem dat dié geen groen lig is vir onwettig grondbesetting nie. Die oprig van ablusiegeriewe is ‘n aanmoedigende faktor om higiëne te bevorder en dit moet in daardie lig beskou word. Die stadsraad is ongelukkig dat sommige inwoners geen toegang tot basiese dienste het nie, maar dit gebeur weens die koers waarteen mense na die stad trek wat hoër is as wat die stad vereiste dienste kan lewer.”

Die menseregteprokureur mnr. Norman Tjombe het die stadsraad gelyk gegee dat hulle uitreik na mense in geteisterde gebiede, te midde van ‘n nypende behuisingsnood.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.4 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.80/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 858.40/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 912.01/OZ DOWN -0.0042 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.4 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.80/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 858.40/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 912.01/OZ DOWN -0.0042