Hepatitis E: Kitstoets vir kitsdiagnose
Henriette Lamprecht - Die Amerikaanse ambassade in Namibië ondersteun die land steeds in sy stryd om hepatitis E te beheer.
Dít in samewerking met die land se sentrums vir siektebeheer en –voorkoming (CDC).
Om verder te help in die stryd teen dié siekte is 600 kitstoetse, asook beskermende toerusting aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) oorhandig.
Dié ondersteuning is ‘n voortsetting van die CDC se ondersteuning van die ministerie, wat reeds drie tegniese hulpbesoeke van kenners deur die jaar ingesluit het.
Die volgende fase van ondersteuning sluit ‘n studie van kennis en praktyke (KAP) in, wat sal help om die spesifieke tipe hepatitis E-virus asook die rede vir voortgesette gevalle te identifiseer.
Die gebruik van kitstoetse maak onmiddellike diagnose moontlik.
Tans word diagnoses deur ‘n bloedtoets bevestig, waarvan die uitslae gemiddeld ‘n week of selfs langer kan neem.
Kitstoetse sal mettertyd op voetsoolvlak en ook by geriewe versprei word, waar ‘n hoë aantal swanger vroue is.
Swanger vroue is veral kwesbaar vir hepatitis E.
Op 29 November het die aantal hepatitis E-verwante sterftes in die land reeds op 34 gestaan, waarvan 16 (47%) swanger of nageboortelike vroue was.
“Omdat die siekte lewensbedreigend tydens swangerskap kan wees, kan kitstoetse lewens red,” het me. Lisa Johnson, Amerika se ambassadeur in Namibië, gesê.
Die permanente sekretaris in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, het gesê hepatitis E is ‘n siekte met verskeie fasette.
“Die beskikbaarheid van noodsaaklike ingrypings is ‘n uitdaging,” het hy erken.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie