Henties hou weer dié fees

Die Hentiesfees is een van die topkuiers op die kusdorp.
Otis Finck
Die organiseerders van die Hentiesfees sê vanjaar sal daar nog meer besoekers by die geleent­heid as vorige jare wees.

Op 23 en 24 Augustus gaan weer groot gekuier, geëet, gelag en gekoop word by die Christelike Privaatskool Hentiesbaai se sportterein.

By die Hentiesfees 2019 wag daar 'n groot verskeidenheid pret, soos 'n openingsparade, musiek­konserte, fietsry-en-pretloop, “touchies”, stalletjies, hope kindervermaak en groot pryse te wen.

Oudergewoonte word die Hentiesfees-hengelkompetisie deur die Hentiesbaai Hengelklub aangebied. Die kaartjies hiervoor sal vir hengelaars 'n driedubbele doel dien. Lees meer hieroor op bladsy 8.

Velia Liebenberg, wat vir die derde jaar op die feeskomitee dien, sê sowat 3 500 fees­gangers het in 2018 kom kuier. Die komitee wil met vanjaar se fees dié getal oortref, ondanks die huidige swak ekonomiese toestande.

Liebenberg sê sy hou van reëlings tref en staan nie terug wanneer iets vir die dorp gedoen moet word nie.

Die Hentiesfees roem hom ook op die skoon en netjiese terrein, in en om die feestent.

Benewens 'n deurlopende skoonmaakaksie word van elke feesganger verwag om die vul­lishouers te gebruik wat oral op die feesterrein staan. Ná die eerste feesaand word gewoonlik tot laat gewerk om weer alles vir die volgende dag in orde te kry.

Die fees is vir die eerste keer in 2002 aangebied en vier vanjaar sy 17de bestaansjaar met sowat 19 kunstenaars van Suid-Afrika en Namibië.

Die vyftiental Suid-Afrikaanse musikante wat die verhoog gaan deel, sluit onder andere die sange­res Jezelle in wat bekend is vir haar liedjie “Suidwes”.

Liezel Pieters, Appel, Neil Somers, Anders, Deon Groot, Caroline Grace, Fatman en die welbekende Namibiër John Rock Prophet is van die ander kunstenaars wat ook musiek gaan maak.

George Longane, Werner van Zyl, Jeandri Fourie, Nadia Hansen, Jacob & Taylor, Denise du Toit, Jandri Fourie, Claudine Nelson en Vaughn Ahrens is van die ander Namibiese kunstenaars wat feesgangers gaan vermaak.

KykNET se Fiësta-span kom maak ook vanjaar 'n draai by die fees. Die televisieprogram handel oor feeste wat in Suid-Afrika en Namibië gehou word.

Dit is elke Donderdag om 15:30 te siene op kykNET & Kie, DStv kanaal 145.

Vir entrepreneurs wat hul tuisgemaakte en unieke produkte aan die publiek beskikbaar wil stel, is daar nog 'n paar van die sowat 114 stalletjies beskikbaar. Belang­stellendes kan 'n e-pos na [email protected] stuur om 'n aansoekvorm te kry.

“Die organiseringskomitee het baie aandag geskenk en gesorg dat die uitstallers noukeurig gekies is om net die beste aan feesgangers te bied,” sê Liebenberg.



Kinderpret

Springkastele, ponieritte en karakters soos Mickey en Panda sal baie pret aan die jongspan verskaf.

Streng sekuriteit word deurlopend op en om die feesterrein gehandhaaf, sonder om afbreuk te doen aan die pret en plesier.

Kaartjies word deur Computicket verkoop en kos N$200. Indien jy slegs een dag van die fees wil bywoon, sal jy N$120 betaal vir Vrydag en N$150 as jy net Saterdag wil partytjie hou.

Pensionarisse kry afslag indien hulle 'n oorspronklike identiteitsdokument by die ingang wys. Dit geld net as die kaartjies by die hek gekoop word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!