Help Tangi se hart
Die driejarige Tangi Makambuli is op 1 September vanjaar met 'n aangebore hartdefek, bekend as 'n atriale septale defek, gediagnoseer. Klein Tangi se diagnose is deur die pediatriese kardioloog, dr. Christopher Hugo-Hamman, in Windhoek se sentrale hospitaal gemaak.
Volgens Hugo-Hamman kan die defek met die hulp van hartchirurgie in die Christiaan Barnard-gedenkhospitaal in Kaapstad, Suid-Afrika, herstel word. Die chirurgie, wat na raming tussen N$300 000 en N$350 000 beloop, is egter buite Tangi se familie, wat nie aan 'n mediese fonds behoort nie, se bereik. Volgens 'n familielid het die staat glo ook nie enige geld beskikbaar om met die operasie te help nie. Lesers wat Tangi wil help, kan vir Itembu Omma by 085 640 6491 skakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie