Help oues met vakansiedrome
Tanja Bause – Die organisasie Elders Joy is gestig om vreugde aan bejaardes te bring en te wys daar is ’n ander wêreld buite hul huis en omstandighede.
Volgens pastoor Petrus Haragaib reël hulle uitstappies vir bejaardes en “enige Silwerhaar is welkom om by ons aan te sluit”.
In 2015 het Elders Joy 118 bejaardes op ’n toer na Suid-Afrika geneem. Een van die lede was me. Rebekka Uiras (70).
“Ek het ’n lewe gekry. Ek het net by die huis gesit met die daaglikse probleme. My ouma het vanuit Suid-Afrika gekom en sy het ons altyd van die berge daar onder vertel. Ek het haar nooit geglo nie totdat ek bo-op Tafelberg gestaan het. Ek wens sy het nog gelewe sodat ek haar om verskoning kon vra dat ek aan haar woorde getwyfel het,” het sy gesê.
In 2016 het 30 bejaardes op die toer gegaan. Die oues het elke maand geld inbetaal vir die onkostes daarvan.
Me. Tusnelde Gawanas (81) was deel van die ervaring.
“Ek het die wonderwerke van die Here gaan sien. Toe ons in die Kaap aangekom het, kon ek my oë nie glo nie. Die berge en klowe waarvan ek in boeke gelees het, het ek nou gesien en beleef. Dit was die eerste keer dat ek buite Namibië gaan toer het.
“Ek het die hele jaar my geldjies bygedra sodat ek weer kan gaan, want die volgende toer gaan Durban toe en ek kan nie wag nie om dit te beleef nie,” het sy gesê.
Volgens pastoor Gerson Gariseb is die verblyf vir die volgende toer Suid-Afrika toe reeds deur die bejaardes betaal, maar hulle is op soek na borge wat met die vervoer en padkos kan help.
“Die bejaardes betaal elke maand geld in, maar dit is nie genoeg nie. Ons sal elke sent van die publiek waardeer sodat ons sowat 40 bejaardes op ’n vakansie weg van hulle daaglikse omstandighede kan vat,” het hy gesê.
Mense wat wil bydra, kan Gariseb by 081 288 1608 of Haragaib by 081 439 0341 bel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie