Help om die wêreld te red, asseblief!
Augetto Graig – Om die wêreld te red, blyk 'n onmoontlike taak te wees, met die aarde se enigste hoop in dieselfde mensdom wat oor die afgelope paar honderd jaar homself as die dodelikste vyand bewys het.
Ons verwoes ons eie en enigste tuiste, vermoor die diere en plante wat ons aan die lewe hou, en vernietig ons menswees ook sommer daar by.
Wat gedoen met so 'n onkundige spul?
“Ooo dom,” het my ma vertel was in my kinderjare een van my gunstelingsêgoed. “Ooo dom,” het ek gesê toe my klein broertjie, drie jaar jonger as ek, iets sou doen wat ek as onkunde beskou het. Die groot verskil is dat my broertjie op twee jaar oud nie van beter geweet het nie. As mensdom weet ons presies waarmee ons besig is.
Ons weet wat ons doen, omdat ons kan sien wat ons doen. Ons sien hoe lyk ons medemens soos ons op straat by hulle verbyloop. Ons sien hoe lewe ons bure, hoe kry ons familielede swaar, hoe desperaat raak ons gemeenskappe. Ons word self van tyd tot tyd in situasies gedompel waar hierdie onsinnige samelewing waarin ons vasgevang is, ons in onmoontlike situasies laat beland.
Mens raak skoon moedeloos.
Tog kan ons nie in alle eerlikheid moed opgee nie, omdat ons die probleem is. Dit is ons wat moet verander. Dit is ons wat moet ophou. Dit is ons wat dinge moet regstel. En steeds maak ons niks reg nie, ons plunder eerder ons eie hulpbronne, ons kap liewerste ons eie bome af, ons steek ons eie winkels aan die brand.
Hoe nou gemaak met so 'n onkundige spul?
Nee kyk, ek weet ook nie. Ek moet erken dat ek self ook tot ons oneindige probleme bydra. Ek is self ook skuldig, hoe kan ek dan oordeel? Goed en wel, maar dit kan nie net daar stop nie.
Ek is dan ook dieselfde mens wat sal opstaan vir my eie regte. Ons is dan ook dieselfde mensdom wat verskeie gevare oor duisende jare oorkom het. Nie wilde diere of siekte nie, nie aardbewings of vloedgolwe kon tot dusver die mensdom uitwis nie. Ons heers oor hierdie wêreld; dit kan nie betwis word nie.
Dalk is dit die probleem. As daar maar net nog 'n vyand teen die mensdom was, teen wie ons almal saam kon staan, dalk sou dinge nie nou so donker gewees het nie. Miskien sou ons die gevaar besef en waardeer as dit van buite sou kom. Noudat ons die vyand is, kan ons dit nie keer nie. Selfs die ooglopende bedreiging van Covid-19 is nie genoeg om die wêreld saam te laat werk nie. Amptelik stem al die lande in die wêreld saam ons oorlewing hang van inenting af, maar geld is steeds 'n goeie rede hoekom sommige nie kan nie.
Ek sou nie self verantwoordelikheid vir die optrede van die wêreld se lande neem nie, maar as 'n volwassene moet ek verantwoordelikheid vir myself neem. Ek moet my bydrae tot ons penarie erken, en doen wat ek kan om dinge reg te stel. Ek moet myself vergewe, en oorbegin. Met die lesse geleer voor in my gedagtes, sodat ek nie dieselfde foute herhaal nie. Dom moet leer, of as hy nie wil nie, moet hy dan voel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie