Help eerder as kritiseer

05 December 2019 | Menings
Baie is die afgelope paar weke in redaksionele kolomme oor die reusebedrog in die visbedryf gesê.

Namibiërs het nog nie hul ewewig herwin ná dié vuishou in die maag nie.

Daar kan na dese nie twyfel bestaan oor gewone landsburgers se versadigingspunt vir korrupsie en wanbestuur nie.

Die verkiesingsuitslae het dit immers bewys.

Woede en verontwaardiging is een ding. Maar Namibiërs moet hulle nou afvra wat hulle gaan doen om seker te maak die integriteit van stelsels en prosesse word herstel.

Om ad infinitum van die kantlyn af kritiek na die ondersoekers, vervolgers en die regering te slinger, is nie die oplossing nie.

Die verwyt wat mnr. Paulus Noa, uitvoerende direkteur van die Teenkorrupsiekommissie (ACC), Namibië se “leunstoel-kritici” toeslinger, is nie ongegrond nie.

Dit is juis omdat die ACC in die verlede al voetfoute gemaak en bloutjies in hofsake geloop het, dat hy 'n waterdigte saak teen die vermeende kapers van ons nasionale visbronne móét bou.

En daarvoor het hy mense wat na aan die beskuldigdes beweeg het, of oor inligting beskik wat met die ondersoek sal help, nodig om na vore te kom.

Om 'n ingewikkelde bedrogsaak waarby talryke transaksies en waarskynlik 'n netwerk van frontmaatskappye en bankrekeninge betrokke is, in die hof te laat slaag, verg goeie bewysstukke en groot kundigheid.

Die ACC het Namibië se hulp hiermee nodig.

Pleks om vanuit jou leunstoel die ACC te kritiseer, doen liewer 'n beroep op die gewete van Namibiërs wie se inligting tot 'n skuldigbevinding in die hof kan lei.



4 Desember 2019

Waterplan is welkom, maar werk wag

Sonder water is daar nie lewe nie. In beginsel is die regering se nuwe watermeesterplan dus te verwelkom. Maar die praktyk sal die deurslag gee. En dít moet blitsig geskied.

Volgens die plan stuur Suid-Afrika af op 'n watertekort teen 2030 indien nie daadwerklik opgetree word nie.

Suid-Afrika is 'n droë land en sal klimaatsverandering toestande nog laat versleg. Net 'n goeie strategie, slim tegnologie, kundigheid, knap mense, puik navorsing en inligtingstelsels, goeie wetgewing en 'n funksionele, gekoördineerde institusionele ekostelsel kan tot watersekerheid lei.

Wanneer fase 2 van R22,9 miljard teen 2024 voltooi is, sal die skema 1 270 m³ water per jaar – teenoor 780 m³ tans – aan Suid-Afrika lewer.

Sekerlik sou die Lesotho Hoogland-waterskema, waaraan bouwerk in die 1980's begin het, as 'n voorbeeld daarvan dien. Wanneer fase 2 van R22,9 miljard teen 2024 voltooi is, sal die skema 1 270 m³ water per jaar – teenoor 780 m³ tans – aan Suid-Afrika lewer. Daarsonder kán dit nie.

As 'n politiek gedrewe inisiatief bevat die nuwe meesterplan ook retoriek en onbeantwoorde vrae. Hoekom is die “onvoldoende bestuur” van die land se waterbronne toegelaat?

As munisipaliteite nie hul waterinfrastruktuur en skuldinvordering leer bestuur nie, is die plan doodgebore.

Soortgelyk

 

50 nuwe Covid-19-gevalle, 32 in Windhoek

14 ure gelede | Gesondheid

Die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, sê 50 nuwe gevalle van Covid-19 is in die land aangekondig....

Bykans N$1 miljoen se dwelms in Julie gekonfiskeer

1 dag gelede | Misdaad

Die Namibiese polisie het tussen 1 en 31 Julie dwelms ter waarde van altesaam N$958 390 gekonfiskeer en 97 verdagtes in hegtenis geneem. Daar is...

Mariental se skaapabattoir sluit deure

1 dag gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Die Farmer’s Meat Market abattoir op Mariental (FMM), wat deur Hartlief besit word, sal op 31 Augustus sy deure sluit.Die Hartlief-groep se...

Vandag se Covid-19-data

1 dag gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir gister, soos vanmiddag aangekondig deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula.

Diewe vort met N$1 miljoen uit Swakopmund-huis

1 dag gelede | Misdaad

Die Namibiese polisie sê verdagtes het gisteroggend ‘n kluis met N$1 miljoen daarbinne uit ‘n sakevrou se huis in Swakopmund gesteel. Volgens die polisie het...

Nog 'n sterfte, 150 nuwe Covid-19-gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula sê 'n 84-jarige vrou van Windhoek wat vir 'n operasie in 'n plaaslike hospitaal opgeneem...

Nog 'n sterfte, 150 nuwe Covid-19-gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula sê 'n 84-jarige vrou van Windhoek wat vir 'n operasie in 'n plaaslike hospitaal opgeneem...

Covid-sterftes styg tot 15

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtDrie Covid-19-verwante sterftes is gister in die Erongostreek aangemeld en wel twee op Walvisbaai en een in Swakopmund. Die bring die nasionale totaal op...

Libanees in Namibië rou oor geliefde Beiroet

2 dae gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer – Was dit nie vir ’n reis na Khartoum sowat 60 km suid van Beiroet vir die viering van die Moslem-fees Eid-oel-Adha nie,...