Helikopterongeluk dood vier passasiers
Twee buitelanders word nog vermis
George Germishuys
Die oliereus Chevron het Woensdag bevestig dat vier mense aan boord van ’n helikopter gesterf het en twee nog vermis word nadat dit met ses aan boord naby die Angolese kus in die see neergestort het.
Die helikopter was na ’n olieboor onderweg.
Vyf van die ses mense is verbonde aan die Cabinda Gulf Oil Company Limited (Cabgoc), ’n filiaal van die oliereus Chevron.
Die twee mense wat vermis word, is glo buitelanders.
Isabel Ordonez, woordvoerder van Chevron, het bevestig ’n helikopter wat deur Heli-Malongo, ’n verhuringsmaatskappy, bedryf word, het Maandag neergestort.
“Die helikopter het omstreeks 15:23 van die Malongo-terminaal in die Cabinda-provinsie met vyf passasiers en ’n vlieënier aan boord vertrek,” sê Ordonez.
Die helikopter was na die Tombua-Landana-olieboor onderweg.
“Die helikopter het nie sy verwagte bestemming bereik nie. Reddingsoperasies is in die gebied gemobiliseer en is steeds aan die gang.”
Die oorskot van vier personeellede is gevind.
Angolese sekerheidsmagte het aan AFP gesê die helikopter het in swak weersomstandighede neergestort.
Chevron kon teen Woensdag steeds nie die identiteite of nasionaliteite van die gestorwenes bevestig nie.
Daar is talle Suid-Afrikaners wat in Angola se oliebedryf werksaam is.
“Die owerhede is tans besig om deur die identifikasieproses te gaan, en sal later die name en nasionaliteite kan bevestig.”
Die voorval gaan verder ondersoek word.
“Cabgoc het ’n ondersoek na die voorval van stapel gestuur. Vaartuie word ingespan om die helikopter se dataopnemer asook wrakstukke op te spoor,” sê Ordonez.
Sy sê Chevron en hul filiale werk saam met die Angolese owerhede en is daartoe verbind om volledige inligting te verskaf wanneer dit bekend word.
“Ons gedagtes en gebede is by die familie en vriende van die ses kollegas.”-Netwerk24/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie