Helikopter in ongeluk op Tsumeb
Helikopter in ongeluk op Tsumeb

Helikopter in ongeluk op Tsumeb

Francoise Steynberg
Die bekende Tsumebse sakeman, mnr. Rainier Arangies, se helikopter was vanoggend op die Noorde-dorp se vliegveld tydens landing in 'n ongeluk betrokke.

Volgens mnr. Theo Shilongo, die waarnemende direkteur van die direktoraat vliegtuigongelukondersoeke in die ministerie van werke en vervoer, het die helikopter tydens landing omstreeks 10:15 hewig gevibreer en omgeslaan.

"Die Bell-helikopter met registrasienommer V5-HOZ is erg beskadig. Die vlieënier was alleen aan boord," het hy gesê.

Die vlieënier, mnr. Frans Henning, is glo nie beseer nie.

"Ek het dadelik 'n ondersoekbeampte, mnr. Herman Thomas, na Tsumeb gestuur om die ongeluk volledig te ondersoek."


Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-07-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer