Helde-naweek bring moord en verkragting
Verskeie verdagtes is in hegtenis geneem, maar polisieondersoeke duur voort.
Augetto Graig - Selfs Heldedag kon nie voorkom dat misdaad die afgelope langnaweek sy tol eis nie.
Volgens die Namibiese polisie (Nampol) is die 26-jarige me. Beverly Kuranngera Saterdagaand glo deur haar ekskêrel vermoor.
Die 51-jarige verdagte het haar plakkershuisie in die ou lokasie op Omaruru na wat verneem word bestorm en die deur oopgebreek voor sy kon ontsnap en na bure gevlug het.
Die man is glo agterna en het Kuranngera met 'n skerp voorwerp aangerand tot sy op die toneel gesterf het.
Hy is in hegtenis geneem en die polisieondersoek duur voort.
Mes- en skietdode
Sondag is die 19-jarige mnr. Elden Skrywer by die Otjivero-kamp naby Omitara met 'n 9mm-pistool doodgeskiet. Twee mans, van onderskeidelik 37 en 51 jaar oud, is weens dié moord in hegtenis geneem.
Omstreeks middernag dieselfde aand is 'n man (43) glo by die Kutya Bar in Ompumbu op Oshakati deur 'n 23-jarige man doodgesteek. Die polisieondersoek duur voort.
Mnr. Ulrich Klasen (34) is Sondag omstreeks 15:17 glo by die Dallas Grocer Bar op Groot Aub met 'n mes in die bors gesteek.
Dit glo ná 'n stryery met die 28-jarige verdagte. Klasen het in die hospitaal aan sy wonde beswyk en die verdagte is in hegtenis geneem.
Vermeende verkragtings
Saterdag het 'n 13-jarige meisie 'n 21-jarige man glo gevra om haar van Korridor 11 na Korridor 13 in die Omahekestreek te vergesel, waarna hy haar na bewering verkrag het. Die man is in hegtenis geneem.
Op Outjo is nog 'n 13-jarige meisie glo verkrag ná sy in die vroeë oggendure van 'n konsert teruggekeer het.
'n Onbekende man het haar glo in 'n wit kombi gelaai en met haar na 'n rivierbedding naby Ombinda Lodge gery, waar sy toe glo verkrag is. Die polisieondersoek duur voort.
Maandag omstreeks 05:00 is 'n vroulike sekuriteitswag (19) glo op Ondangwa ná haar skof op pad huis toe, langs Mbwila's Brick Manufacturing op Oshitayi, verkrag.
Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie