Helde in groen bring hoop

Die doelwit van die projek is om 20 000 handewaspunte oor die volgende vyf weke in informele nedersettings in die hoofstad op te rig.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith - Die afgelope twee weke het gemaskerde vrywilligers in groen hemde geklee honderde plastiekbottels, stokke, tou en seep na Windhoek se informele nedersettings geneem.

Dit in ’n poging om die verspreiding van Covid-19 te bekamp.

“Ons is bekend as die groen span,” het mnr. Gotlieb Sheya Thimo van die Development Workshop Namibia (DWN) gesê.

Die vrywilligers se taak is om handvrye Tippy Tap-handewaspunte elke paar meter uit mekaar binne die digbevolkte informele nedersettings op te rig. Toegang tot vars water in dié gebiede is ’n daaglikse stryd.

Die spanne deel ook duisende pamflette uit en lig inwoners in oor veiligheidswenke en beskikbare hulpdienste.

Die Covid-19-noodplan is deur die DWN in samewerking met die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE) en verskeie skenkers van stapel gestuur.

Mnr. Beat Weber van die DWN sê die mikpunt is om in die volgende vyf weke 20 000 handewaspunte te installeer en inligting te versprei. Teen Vrydag het die vrywilligers byna 1 000 handewaspunte gebou wat omtrent 3 000 gesinne kan bevoordeel.

Spanne is na die Samora Machel- en Moses ||Garoëb-kiesafdeling gestuur terwyl meer spanne opgelei word om volgende week die Khomas-Oos- en Tobias Hainyeko-kiesafdelings te besoek.

Informele nedersettings word tydens die landswye inperking deur verskeie uitdagings gekniehalter.

“Om sosiale afstand te hou is moeilik as daar nie ruimte is nie. Gesinne woon in enkel- of dubbelkamerplakkershutte. Nog ’n uitdaging is toegang tot hulpbronne. Dit is nie maklik om by die huis te bly as jy van ’n daaglikse salaris afhanklik is nie,” het Weber gesê.

DOELTREFFEND

Die noodspanne bou ’n handewaspunt in minder as drie minute. Die punte word elke paar meter uit mekaar opgerig.

“Ek was vroeër bekommerd oor my mense wat alreeds kwesbaar is weens hul omstandighede. Daar is nie water of elektrisiteit nie en inligting kom selde hier uit,” het Thimo verlede Woensdag gesê.

Volgens Thimo is hy bekommerd oor die rampspoedige gevolge van die verspreiding van Covid-19 in die gebiede. Sy betrokkenheid by die noodplan het hom wel ’n mate van gemoedsrus gegee.

“Ten minste doen ons nou iets,” het hy gesê.

Me. Foibe Silvanus, ‘n DWN-vrywilliger, sê behalwe vir die voorsiening van noodsaaklike handewasgeriewe is die verspreiding van noodsaaklike inligting net so belangrik.

“Ek glo meer inligting is in die informele nedersettings nodig. Baie mense weet nie hoe om na hulself om te sien te midde van die pandemie nie. Hulle weet ook nie waarheen om te gaan as hulle siek is nie.”

Silvanus sien haarself en die DWN-span as voetsoldate in die stryd teen die Covid-pandemie.

“Ek kan nie net sit en kyk hoe my mense sonder inligting voortgaan nie. Ek wil betrokke wees in die stryd teen die coronavirus.”

Silvanus sê die gemeenskap word aangemoedig om ook hulle eie handwaspunte te bou en sy is bly om te sien baie doen dit wel.

Die Windhoek-munisipaliteit se onlangse aankondiging dat gratis water aan informele nedersettings beskikbaar gestel gaan word, was volgens Silvanus ’n welkome een.

ONTWIKKELINGS

Mnr. Nehemia Tiodor, ’n gemeenskapsleier in die Kapuka- informele nedersetting, het gesê mense moet die inperkingsmaatreëls volg anders kan sy gemeenskap ’n humanitêre krisis in die gesig staar.

“Ons sal groot probleme hê as ons nie die reëls nakom nie. As die coronavirus hier uitkom kan dit baie vinnig versprei en ek vrees ons kan baie lewens verloor.”

Hy het gesê die bou van die handewaspunte, die verspreiding van inligting en verbeterde toegang tot water deur private- en openbare instansies word verwelkom. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.81 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 322.56/OZ DOWN -0.0046 | Copper US$ 4.53/lb DOWN -0.0207 | Zinc US$ 2 877.00/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 84.34/BBP DOWN -0.0425 | Platinum US$ 952.56/OZ UP +0.34% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.81 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 322.56/OZ DOWN -0.0046 | Copper US$ 4.53/lb DOWN -0.0207 | Zinc US$ 2 877.00/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 84.34/BBP DOWN -0.0425 | Platinum US$ 952.56/OZ UP +0.34%