Heelwat vrae oor armoede-uitwissing
Die minister het verlede week in die Nasionale Vergadering bontgestaan om vrae oor sy begroting te beantwoord.
Estelle de Bruyn - Heelwat vrae oor die voedselbank en droogteverligting is tydens die bespreking van die ministerie van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn Donderdag in die Nasionale Vergadering (NV) gevra.
Van die lede wou onder meer weet wat die verskil tussen die voedselbank en droogteverligting is, óf droogteverligting mense in landelike gebiede sou help om armoede te verminder en wanneer die voedselbanke na landelike gebiede uitgebrei sal word.
Hierop het die minister, biskop Zephania Kameeta, geantwoord dat die ministerie die verantwoordelikheid het om voedsel in dorpe en stede te versprei. In landelike gebiede is dit die kantoor van die eerste minister se verantwoordelikheid.
Straatgemeenskappe word opgelei om seker te maak die regte mense trek voordeel uit die voedselbank. Net mense wat minder as N$400 'n maand verdien, kwalifiseer vir bystand.
Tog moet ander faktore ook in ag geneem word, soos byvoorbeeld 'n bejaarde wat 'n pensioen kry van N$1 200, maar na 10 mense moet omsien. Gevolglik word uitsonderings gemaak.
Die adjunkminister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna Nghipondoko, het die ministerie gelukgewens met die werk wat reeds gedoen.
Tog wonder sy of dit volhoubaar is.
“Gaan u opname slegs die proses waar voortgegaan word om mense van kos te voorsien, in ag neem, of word daar ook na maniere om kosproduksie aan te moedig om ons mense te bemagtig, gekyk?” wou sy weet.
Nghipondoka meen gemeenskappe moet bystand kry sodat hulle hul eie voedsel kan produseer.
Kameeta het hierop geantwoord dat sy ministerie deel van die regering is en met ander ministeries saamwerk.
“Moenie na hierdie ministerie in isolasie kyk nie, sien dit bloot as 'n afdeling van die regering wat hongersnood die hoof moet bied,” het hy gesê.
Hy wys ook daarop dat die voorkoming van hongersnood nie in 2015 begin het nie, maar reeds lank daarvoor.
VOEDSELBANKE
Voedselbanke word ook in welvarende lande soos Amerika aangetref, het Kameeta gesê.
“Ons moet eers 'n oorsig doen voor ons sal weet wat vorentoe gedoen moet word,” het hy gesê.
In nog 'n bydrae is gevra oor geld uit 'n betrokke ministeriële rekening wat uiteindelik aangewend is om boorgate te sink en hoekom dit nie aan die ministerie van landbou, water en bosbou oorgelaat is nie.
Boonop is groentetuine ook eerder 'n taak van die ministerie van landbou, meen Kameeta.
“Alles word in samewerking met ander ministeries gedoen," het hy gesê.
“Dit is my mandaat om armoede te verlig, maar dit kom oral voor. As die ministerie van werke en vervoer paaie bou, word armoede uitgewis.
“As landelike gebiede toegang tot elektrisiteit kry, word armoede uitgewis,” het hy gesê.
“Toe ons die nasionale dialoog gehad het, was dit nie net die ministerie van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn nie. Ons was 'n span,” het Kameeta gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie