Haufiku dien pasiënte op Onafhanklikheidsdag
Ronelle Rademeyer - Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, het Namibië se 28ste onafhanklikheidsvieringe gister met dienslewering aan sy medemens gevier.
Hy het om 07:00 by die ongevalle-afdeling by die Katutura-staatshospitaal vir 'n skof van 12 ure ingeklok.
Republikein was omstreeks 12:00 daar om met hom 'n onderhoud te voer, maar dit was duidelik hy soek nie publisiteit nie. Hy is 'n keer of wat vinnig gewaar, maar het gou weer met pasiënte doenig geraak.
Nagenoeg 50 mense het in die netjiese ongevallesaal hul beurt afgewag. By al tien die beddens in die afgesonderde kraampies was dokters en verpleegpersoneel besig om mediese sorg aan pasiënte te verleen.
Een van die personeellede het vertel die minister maak gereeld sy opwagting by ongevalle. "Hy kom baie keer in die aand wanneer ons dit nie verwag nie," het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie