Harvard hof toe gesleep oor Asiatiese Amerikaners
Die Harvard-universiteit diskrimineer teen Asiaties-Amerikaanse aansoekers, beweer ’n organisasie wat dié voorste Amerikaanse universiteit dagvaar.
Students for Fair Admissions (SFFA) sê Harvard verkies wit, swart en Latino-aansoekers, van wie sommige minder gekwalifiseerd is as Asiatiese Amerikaners, berig die BBC.
SFFA sê Harvard klassifiseer deurlopend Asiaties-Amerikaanse aansoekers laer as ander groepe ten opsigte van eienskappe soos “positiewe persoonlikheid”, welwillendheid en vriendelikheid, berig The New York Times.
Harvard ontken die aantygings en sê die toelatingsyfers vir Asiatiese Amerikaners neem toe, berig die BBC.
Volgens die universiteit se webwerf is 22,2% van sy studente tans Asiatiese Amerikaners.
Swart Amerikaners verteenwoordig 14,6% van die studentetalle, Latino’s 11,6% en inheemse Amerikaners en Stille Oseaan-eilandbewoners 2,5%.
Die kategorie “alle ander” rasse, hoofsaaklik wit studente, is net onder 50%.
SFFA het Vrydag in die hofsaak wat hy in Boston aanhangig gemaak het, gesê daar is bewyse dat Harvard rasse-balansering toepas, “ras as veel meer as ’n plus-faktor gebruik” en glad nie daarin belang stel om rasneutrale alternatiewe te ondersoek nie.
Die “plusfaktor” verwys na hofbeslissings oor regstellende aksie om aansoekers uit minderhede te help om toelating te kry.
“Wat Harvard nie wil erken nie, is dat ras nie net ’n belangrike faktor is nie, maar die oorheersende faktor in sy besluit om Latino’s en swart Amerikaners toe te laat,” sê die SFFA.
Die SFFA beweer ook Harvard het in 2013 ’n interne verslag oor sy toelatingsbeleid, waarin hy erken hy diskrimineer teen Asiaties-Amerikaanse aansoekers, onder die mat gevee, berig The Guardian.
Luidens dié verslag sal Asiatiese Amerikaners 43% van toelatings uitmaak as slegs akademiese kwalifikasies oorweeg word en 26% as buitemuurse aktiwiteite ook oorweeg word. Tog het die Asiatiese Amerikaners toe die navorsing gedoen is, 19% van die studentetal uitgemaak.
Die universiteit ontken die bewerings en sê die SFFA se ontleding is in verskeie opsigte foutief en daarom misleidend.
Die saak sal waarskynlik in Oktober verhoor word en kan ’n groot impak hê op die gebruik van ras in universiteitstoelatings, berig The Guardian. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie