Harte en hande oop

'n Eenjarige seuntjie het Sondag­aand met sy lewe ­geboet tydens die jongste tragedie wat die hawedorp tot in sy ­fondamente geskud het.
Leandrea Louw
Leandrea Louw op Walvisbaai – Namibiërs van oraloor het gister hul hande diep in hul sakke gesteek om inwoners van Walvisbaai by te staan wat deur 'n verwoestende brand getref is.

Dit kom nadat nagenoeg 150 sinkhuisies Sondagaand deur die brand in puin gelê is.

Die brand in die informele nedersetting Twaloloka in Kuisebmond het die lewe van 'n eenjarige seuntjie geëis en sowat 1 000 inwoners haweloos gelaat.

Die Walvisbaaise brandweer het onverpoos gespook om die brand, wat omstreeks 19:00 ontstaan het, onder bedwang te bring.

Twee ure later het die situasie in die nedersetting buite beheer geraak toe omstanders polisiereserviste, die brandweer, munisipale voertuie en joernaliste met klippe bestook het.

Die reserviste moes rubberkoeëls en traangas inspan om die situasie onder beheer te probeer bring.

Volgens me. Olga Birisamus, 'n komiteelid wat die Twaloloka-inwoners verteenwoordig, was dit nie mense van dié nedersetting wat gewelddadig geraak het nie. “Dis ouens van die lokasie wat klippe begin gooi het. Hulle het selfs van die mense hier beroof en selfone gegryp en van die besittings wat mense uit die brand probeer red het. Ons is vreeslik kwaad dat hulle hierdie verskriklike situasie tot hul voordeel uitgebuit het.”

Intussen is die hawelose mense tydelik in tente gehuisves.

Teen gisteroggend het die brand ophou woed en inwoners het deur die puin gesnuffel op soek na items wat behoue gebly het.

'n Wit kombers was die enigste teken dat 'n klein seuntjie in die brand omgekom het. Gemeenskapslede het die plek bedek omdat gedeeltes van die oorskot aan die staalraam van die bed vasgebrand het.

Volgens die seuntjie se pa, mnr. Nasimane Maanda, was hy die ganse dag met Filip voordat die brand sy lewe geëis het. “Sy ma was by die winkel, en toe sy terugkeer, het ek Filip en sy sewejarige suster, Ndahambelele, by haar gelos. Sy het vir hulle gekook, terwyl Filip op die bed gelê en slaap het.”

Volgens hom het die baba se ma, Ndilimewawa, gou na die bure gegaan toe haar dogter na haar geroep het. “Sy het na haar ma toe gehardloop en geskree: 'Mamma, mamma, daar's vuur onder die bed.' Teen die tyd toe hulle by die huisie kom, was alles in vlamme gehul.”

Aanduidinge was gister dat die brand moontlik in hul huisie ontstaan het. Die polisie is egter steeds met hul ondersoek besig.

Die adjunkminister van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, mnr. Hafeni Ndemula, sy eweknie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, mnr. Daniel Kashikola, die goewerneur van die Erongostreek, mnr. Neville Andre, die burgemeester van Walvisbaai, mnr. Immanuel Wilfred, en raadslede het gisteroggend die toneel besoek.

Andre het sy medelye met die gesin betoon. “Wat gisteraand (Sondagaand) gebeur het, is baie tragies. Ons is baie hartseer oor die brand wat alles verwoes het. Ons is hier om die situasie op die grond eerstehands te bepaal en te sien hoe ons diegene kan bystaan wat deur die brand getref is. Ons voel jul pyn en die regering sal julle definitief bystaan gedurende hierdie tyd.”

Twaloloka-komiteelede het hul woede en teleurstelling uitgespreek.

“Ons is al vyf jaar hier en deur al die jare het ons die dorpsraad gevra om ons te skuif, vir ons elkeen een erf te gee, en kyk nou wat gebeur het. Ouers het 'n kind verloor, mense het alles verloor en het net die klere aan hul lywe. Iets moet gedoen word om ons mense by te staan en dit moet nóú gedoen word,” het Birisamus gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.45 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.25/OZ UP +0.15% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.36% | Zinc US$ 2 859.00/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 89.01/BBP UP +0.13% | Platinum US$ 910.64/OZ DOWN -0.0057 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.45 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.25/OZ UP +0.15% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.36% | Zinc US$ 2 859.00/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 89.01/BBP UP +0.13% | Platinum US$ 910.64/OZ DOWN -0.0057