Hartaanval eis Paul Kiddo

Sy skilderye het sy ganse familie ondersteun

07 April 2021 | Mense
Tanja Bause – Die bekende Namibiese kunstenaar Paul Kiddo (72) is Sondag­oggend omstreeks halfdrie in die Katutura-hospitaal aan 'n hartaanval oorlede. Sy dood laat nie net 'n groot leemte in die kunswêreld nie, maar is ook in sy familiekringe 'n gevoelige slag.

Volgens sy suster, me. Anna Boois, het Kiddo Sondagoggend nog die kerkdiens bygewoon. Hy het vroeg die namiddag van pyn in sy borskas gekla en gesê hy voel 'n brandpyn by sy hart. Hy het gaan slaap en het 18:00 by die familie in die sitkamer kom aansluit.

“Paul was 'n ondersteuner van Manchester United en hy het die wedstryd (teen Brighton) gekyk en was baie bly dat hulle gewen het.”

Sy toestand het verswak en hy is hospitaal toe geneem, waar hy later oorlede is.

Kiddo, wat in Bethanie gebore is, was die oudste van ses kinders, asook die eerste kind wat Windhoek toe getrek het. Volgens sy broer, mnr. Laurence Kiddo, was al die kinders altyd baie opgewonde wanneer hulle gehoor het hy kom kuier.

“Ons het geweet hy sal vir ons elkeen ons eie pakkie met lekkernye bring. Paul het altyd vir ons gesorg. Hy het ook vir my ma se broer gesorg en altyd 'n boks met goed net vir sy oom gebring,” het hy gesê.

“Met daai skilderye van hom het hy ons grootgemaak en deur die skool gesit. Hy het my ma se huis, krag en water met sy talent betaal,” het sy gesê.

Kiddo het al vroeg in sy lewe op sy ma se huismure geverf.

“Ons het dit maar verf genoem. Hy het die hele muur vol geverf en dit het so gebly totdat hy vir sy ma gesê het sy mag die muur oorverf,” het sy niggie me. Alwina Alwino gesê.

“Paul het 'n klein kaja gehad waarin hy geverf het. Wanneer hy in sy kaja gegaan het, mag ons hom nie pla nie. Ons mag hom niks vra nie, ons mag nie tee of kos bring nie, anders skel hy ons. Ons het geweet as hy in die kaja is, bly ons ver weg, want dan skilder hy,” het Kiddo gesê.

“Hy was ons Abuti en ons het geweet hy moet gaan; ons het net nie geweet dit sal so vinnig wees nie,” het Boois gesê.

Kiddo sal op Saterdag 17 April begrawe word – in Windhoek, soos dit sy wens was.

“My familie, vriende en kollegas is hier in Windhoek; julle vat nie my liggaam Bethanie toe nie,” het hy volgens sy suster aan almal gesê.

Kiddo is bekend vir sy uitbeeldings van die Namibiese plaas, sjebeen en opstal.

“Ek is 'n fyn kunstenaar en dalk is daar nog in Namibië, maar beslis nie soos ek nie. Ek het myself geleer om te skilder. Niemand het ooit 'n kwas in my hand gesit en gesê jy moet dit só vashou of só maak nie. Niemand het vir my gesê as jy dié kleur met dié kleur meng, sal jy dít kry nie – ek het dit self uitgevind. Ek is so gebore met die geskenk van die Here,” het hy tydens 'n onderhoud in 2019 gesê.

“My gunstelingtonele is die woestyn, waar dit stil is en waar jy God se skoonheid kan sien en sy handewerk ervaar en herken. Ek het met plaastonele begin, omdat ek mense die plaaslewe wou wys, en nou ken almal net die plaastonele,” het hy gesê.

Op 60-jarige leeftyd het hy vir die eerste keer Duitsland toe gevlieg om daar aan 'n uitstalling deel te neem. Hy het aan talle groep- asook solo-uitstallings vanaf 1992 tot 2018 deelgeneem.

In 2017 het hy die toekenning vir lewenslange prestasie by die Bank Windhoek-triënnale ontvang.

[email protected]

Soortgelyk

 

RMB Song Night vier ’n dekade

2 ure gelede | Kuns en vermaak

Die RMB Song Night-inisiatief wat op die been gebring is met die doel om Namibiese klanke te laat groei en ontwikkel, vier vanjaar sy tiende...

Europese Unie verwelkom besending entstowwe van Covax

3 ure gelede | Gesondheid

Die Europese Unie se adjunkhoof, mnr. Gosia Lachut, het die besending van 24 000 dosisse AstraZeneca-entstof teen Covid-19 van Covax aan Namibië verwelkom. Lachut...

FlyWestair brei binnelandse vlugte uit

3 ure gelede | Vervoer

FlyWestair voeg van volgende Woensdag 28 April 'n ekstra vlug by sy Ondangwa-roete en het ook by die Vervoerkommissie van Namibië aansoek gedoen om vlugte...

Kavango-Oos kry eerste besending Covid-19-entstowwe

5 ure gelede | Gesondheid

Kavango-Oos het sy eerste besending Sinopharm en AstraZeneca-dosisse deel van die immuniseringsveldtog teen Covid-19 ontvang. Die streek het 7 983 Sinopham- en 2 880 AstraZeneca-dosisse...

Vincia Cloete aangestel as hoof van korporatiewe bestuursinsituut

6 ure gelede | Mense

Die Namibië Instituut vir Korporatiewe Bestuur (NICG), wat in 2016 gestig is om gesonde korporatiewe bestuursbeginsels en -praktyke in die land te bevorder, het aangekondig...

Floyd-moordverhoor: Skuldig!

6 ure gelede | Internasionaal

Derek Chauvin (45), gewese polisielid van Minneapolis, is skuldig bevind aan die moord op George Floyd (46).’n Jurie het gisteraand laat (Namibiese tyd) dié beslissing...

Sprinkane nou in 11 streke

15 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer – Die verwoestende sprinkaan­plaag het nou na elf van die land se 14 streke uitgekring en dit is net in die Omaheke-, Khomas-...

Pensioenaris in haar huis vermoor

15 ure gelede | Misdaad

Erwin Leuschner – Gisteroggend het ondersoekbeamptes Trekkopjestraat in Kramersdorf in Swakopmund afgesper nadat me. Irene Lohmeier (82) in haar huis by nommer 9 aangeval en...

Miljoene vir vervalste maskers

15 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – ‘n Chinese tabakmaatskappy met Swapo-bande eis N$6,5 miljoen van ‘n vennoot nadat ‘n ooreenkoms oor die invoer van gesigmaskers op die vooraand...