Harde stryd teen Bulle
Voor 'n volgepakte hoofpaviljoen op die Hage Geingob-stadion in Windhoek het die Windhoek Draught Welwitschias vanmiddag die tuisskare verskeie kere op hul voete gehad.
Die eindtelling van 25-50 in die guns van die Vodacom Blou Bulle was vleiend vir die besoekers - maar 'n les vir die Namibiese span oor hoeveel foute nog uitgeskakel kan word.
Nadat die Bulle verwoed begin het, het die Welwitschias tog dapper teruggeveg en met tye soos reuse verdedig.
Die Bulle het agt drieë ingeryg, vier in elke helfte, teenoor die tuisspan se drie, een in die eerste helfte en twee in die tweede helfte.
Die halftydtelling was 10-24.
Baie toeskouers was dit eens dat ondanks die nederlaag die Welwitschias baie beter as verlede jaar vertoon.
Lees die volledige wedstrydverslag in Dinsdag se Republikein.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie