Hardapdam se sluise gister oop
Danksy goeie reëns die afgelope naweek het nasionale damme nóg water bygekry.
Elvira Hattingh – Die Hardapdam se sluise is gistermiddag om 14:00 oopgemaak toe die dam ’n vlak van 68% (méér as 200,294 Mm³) bereik het.
Toe is sowat 200 m³ water per sekonde uitgelaat.
Dit is gedoen om voorsorg te tref nadat NamWater deur middel van meetstasies in die rivierloop kon vasstel dat ’n groot hoeveelheid water op pad is en die dam binnekort ’n invloei van 350 m³ water per sekonde sou ontvang.
Sedert die vloed van 2006 toe Mariental oorstroom het, is daar ooreengekom dat die dam om veiligheidsredes nooit toegelaat sal word om voller as 70% te word nie.
NamWater sê Mariental verkeer nie in gevaar met die huidige uitlating van water nie – dit raak eers gevaarlik as meer as 500 m³ water per sekonde uitgelaat word.
Bekommernis heers egter nog oor veral Ai-Ais as daar nog baie reën kom, aangesien die Nautedam ook vol is en dit gevaarlik kan raak as beide die Lowen- en Visrivier in vloed is.
Terselfdertyd het die Omatakodam binne ’n week van 6,8% tot 31,5% gelig en altesaam 10,762 Mm³ water bygekry.
Boonop het dit sowat 116 mm die afgelope week in dié dam se opvangsgebied gereën.
Dit het sedert verlede week altesaam 22,5 mm in die Von Bachdam se omgewing gereën en tans staan die dam op 42,8%.
Dit het sedert Maandag 13 Februarie altesaam 4,930 Mm³ water bygekry.
Die Swakoppoortdam het ook 1,447 Mm³ water bygekry en staan nou op 12,1%, vergeleke met verlede week se 9,8%.
Die damme wat sentraal Namibië van water voorsien, hou tans gemiddeld 27,1% water, in vergelyking met verlede seisoen se 14,4%.
Die Hardapdam het in die afgelope week altesaam 8,220 Mm³ water bygekry en op 68% gestaan vóór die sluise oopgetrek is.
Die Nautedam het ook 1,831 Mm³ water bygekry en staan nou op 94,4% (78,873 Mm³), terwyl die Oanobdam met 3% gelig het en nou op 64,5% (22,268 Mm³) staan.
Die Dreihukdam het ook water ingekry en staan nou op 3,2%, terwyl die Olushandadam nou op 29,1% staan.
Nasionale damme hou nou altesaam 365,590 Mm³ water en is gemiddeld 52,3% vol, vergeleke met verlede seisoen toe dit gemiddeld 39% vol was en gesamentlik 272,438 Mm³ water bevat het.
REËNSYFERS
Volgens amptelike reënsyfers wat deur die Namibiese weerdiens aangeteken word, is Maandagoggend altesaam 39,4 mm reën op die Rundu-lughawe gemeet, terwyl 27,8 mm op Aroab geval het. Sowat 19 mm is op Okongo gemeet, terwyl dit 7 mm op Eros-lughawe gereën het.
Okaukuejo het 13,6 mm reën ontvang, terwyl Outjo en Rehoboth onderskeidelik 11,8 en 8 mm reën ontvang het.
Op die Facebookblad "Reën in Namibië" het lesers gister gesê 17 mm is op Nudupsdrift naby Maltahöhe gemeet, terwyl foto’s gepubliseer is van water wat al die pad van Otjiwarongo tot by Okahandja, asook tussen Rehoboth en Windhoek langs die pad gelê het.
Windhoekers het wakker geword met ’n stad vol mis en Hellene Schnabel het gesê sy het 10 mm in Pionierspark gemeet.
Vanchia Kotze-Bayer sê hulle het altesaam al 210 mm reën op Albano, 170 km suidoos van Windhoek ontvang.
Gibeon het Sondagnag altesaam 84 mm reën ontvang.
By die Kwandorivier het Phillip Steyn al 680 mm sedert Kersfees gemeet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie