Hardap se water vir Neckartaldam
Water sal vandeesweek uit die Hardapdam by Mariental gelaat word om te help met die konstruksiewerk van die Neckertaldam wat deur die ministerie van landbou, water en bosbou in die Visrivier by Keetmanshoop gebou word.
Volgens 'n verklaring deur NamWater is die maatskappy deur die ministerie met die versoek genader, omdat daar geen waterbronne naby die konstruksieperseel is en dit die projek tot stilstand kan bring.
Die water wat uit die dam gelaat word, sal beperk word om skade aan landerye of private eiendomme in die omgewing van Mariental te verhoed.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie