Handelsoorlog 'sal VSA die seerste maak'
In dié stadium konsentreer die VSA op landbouprodukte, staal en aluminium en ander nywerheidsgoedere.
'n Eskalerende handelsoorlog gaan die Amerikaanse ekonomie baie harder slaan as die res van die wêreld – aldus Søren Skou, uitvoerende hoof van A.P. Moller-Maersk, die grootste verskepingsmaatskappy ter wêreld.
Skou sê die newe-effek van die huidige golf van proteksionisme “kan eindelik baie groter in die VSA wees”.
Tariewe kan die toename in wêreldhandel tot net 0,3% laat verlangsaam, maar handel met die VSA kan met 3% of 4% verminder, het Skou Vrydag by Maersk se hoofkantoor in Kopenhagen, Denemarke, gesê.
“En dit sal beslis nie goed wees nie.”
Maersk verskeep nagenoeg 20% van alle verbruikersgoedere wat ter see vervoer word, wat die maatskappy in 'n unieke posisie plaas om die uitwerking van invoertariewe op wêreldhandel te monitor.
Skou se kommentaar verteenwoordig die eerste keer dat dié maatskappy toetree tot politieke debat deur die handelsbeleid van pres. Donald Trump te kritiseer.
Maersk se fokus is handel tussen Europa en Asië, wat nie regstreeks deur invoertariewe in die VSA geraak word nie. Dié handel het inderwaarheid in die tweede kwartaal van 2018 met 4% gegroei. Skou sê dit kan egter verander as die VSA verbruikersgoedere begin teiken.
KONSENTREER OP SEKER PRODUKTE
In dié stadium konsentreer die VSA op landbouprodukte, staal en aluminium en ander nywerheidsgoedere.
“Die eerste ding wat Amerikaanse invoerders gaan doen as invoertariewe op Chinese verbruikersgoedere ingestel word, is om in Viëtnam, Indonesië of elders in Asië te koop,” sê Skou.
“Groot Amerikaanse handelsname soos Nike vervaardig oral in Asië, nie net in China nie; plaasvervanging sal dus gebeur.”
In Julie het die VSA invoertariewe op US$34 miljard se Chinese goedere geplaas weens beweerde onbillike handelspraktyke deur die wêreld se tweede grootste ekonomie.
Die Trump-administrasie wil op 23 Augustus invoertariewe op nóg US$16 miljard se goedere plaas en het ook gesê hy sal nie skroom om álle Chinese goedere wat na die VSA ingevoer word – goedere waarvan die waarde nagenoeg US$500 miljard beloop – te belas nie.
Skou sê dit gaan uiteindelik Amerikaanse verbruikers seermaak. Baie Amerikaanse produkte – soos Nike-tekkies en Apple iPhones – word glad nie in die VSA vervaardig nie. Invoertariewe op dié produkte sal dus pryse wat verbruikers betaal, opdruk.
– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie