Handelsbalanstekort styg met meer as N$2 miljard
Namibië se totale uitvoere die afgelope kwartaal het bykans N$15,5 miljard beloop, terwyl sowat N$23,7 miljard se goedere ingevoer is. Dit het die land met 'n handelsbalanstekort van sowat N$8,2 miljard gelaat, soortgelyk aan die N$8,19 miljard van dieselfde kwartaal in 2016, maar aansienlik hoër as die N$6,1 miljard van die tweede kwartaal vanjaar.
Diamante was oudergewoonte Namibië se vernaamste uitvoerproduk en het die afgelope kwartaal vir sowat N$5,2 miljard se buitelandse valuta gesorg, ongeveer 33,6% van totale uitverdienste. In die tweede kwartaal vanjaar het diamantuitvoere sowat N$4,75 miljard beloop, terwyl dit vir bykans N$4,66 miljard se uitvoerverdienste in die derde kwartaal verlede jaar gesorg het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie