HAN hou kongres
Die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN) se kongres en toerismehandelsforum het gister in Windhoek begin en duur tot vandag waar rolspelers in die toerismebedryf byeen gekom het. Onderwerpe wat by die kongres bespreek is, is onder meer waar Namibië homself in die internasionale toerismebedryf bevind, inhoudsbemarking - aanlyn, harde kopie of van aangesig tot aangesig, fokus op webtuistes en vennootskappe vir voorspoed vir die pad vorentoe. Volgens me. Gitta Paetzold van HAN (staande, in swart) gaan dit die afgelope maande uitstekend met Namibië se toerismebedryf. Foto Francoise Steynberg
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie