HAN het 'n nuwe plan
Die Gasvryheidsvereniging van Namibië vier vanjaar sy 30ste bestaansjaar.
Francoise Steynberg
Die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN) gaan in sy nuwe strategiese plan op diens fokus.
Tydens HAN se onlangse byeenkoms van sy lede, is die nuwe strategiese plan vir 2017-'22 bekend gestel wat as riglyn vir die vereniging vir die volgende vyf jaar en daarna en sy 30ste bestaansjaarvieringe gaan dien.
“Ons fokus is op diens,” het die uitvoerende hoof van HAN, me. Gitta Paetzold, gesê.
Tydens die byeenkoms is mnr. Shepherd Chinhoi, bedryfsbestuurder van O&L Leisure, as die nuwe voorsitter aangewys. Hy is al 11 jaar 'n aktiewe lid van HAN en het in 2015 in HAN se uitvoerende komitee gedien. Met 22 jaar ervaring in die gasvryheidsbedryf, was Chinhoi die laaste 11 jaar in Namibië verbind tot die ontwikkeling van uitstekende dienslewering in die toerismebedryf.
“Met sy hoë vlak van professionalisme, ervaring in bedryfskwessies en verbintenis tot dienslewering, is Chinhoi 'n waardevolle bate vir HAN en hy besef die belangrikheid van ware Afrika-gasvryheid," het Paetzold gesê. “Hy is die ideale persoon om HAN vir die volgende twee jaar en daarna te lei.”
Nóg 'n mylpaal vir HAN in sy 30ste bestaansjaar is dat die uitvoerende komitee vir die eerste keer 'n hoëvlak aktiewe lid van die Namibiese kabinet het, naamlik die adjunkminister van visserye en mariene hulpbronne, Chief Samuel Ankama, in sy hoedanigheid as eienaar van Namibia Lodge 2000 & Safaris buite Oshakati.
Paetzold sê HAN sal met alle relevante besluitnemingsliggame saamwerk om die toerismebedryf te versterk en die gasvryheidsbedryf vaartbelyn met die nasionale ontwikkelingsmandaat maak.
“Vir die jaar vorentoe, sal HAN in vennootskap met Venture Media in die volgende 30 weke en daarna fokus op 30 en meer redes waarom ons lief is vir Namibië en die toerismebedryf. Van die beste stories sal geplaas word in 'n spesiale publikasie ter viering van ons 30ste bestaansjaar wat by HAN se galadinee einde November bekend gestel sal word,” sê Paetzold.
Sy sê HAN en sy lede bly verbind om die storie van Namibië se uniekheid te vertel en die groei van volhoubare toerismeontwikkeling te bevorder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie