‘Halloween’ se lekkers sou krag vir 570 huise kon gee
Kanadese kinders verorber elkeen gemiddeld 136 g lekkers oor Allerheiligeaand.
Kanadese eet genoeg lekkers oor Allerheiligeaand om 570 huishoudings ’n hele jaar lank te verhit.
Dié land se energieraad het in aanloop tot dié pretdag, wat Woensdag in veral Noord-Amerika gevier is, gesê Kanadese kinders verorber elkeen gemiddeld 136 g lekkers oor Allerheiligeaand.
Dit kom neer op 57 000 gigajoule energie.
“Vergeleke met fossielbrandstowwe is lekkergoed baie meer energieryk per gewig as steenkool, maar nie so kragtig as ligte ruolie of aardgas nie,” sê die energieraad. – Bloomberg/ Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie