Hallo, Mêggie, Herman en Arrie Warrie!

21 January 2020 | Rubrieke
Jy moet onder ’n baie swaar klip bly of iewers op ’n plek in die boendoes sonder enige sein skuil as jy nie bewus is van Archie se pa en ma wat ’n middelvinger gewys het vir almal wat so lelik met hulle was nie.

My eerste gedagte was “you go, Harry en Megs”, wel met baie empatie vir ouma Liesbet wat toe met die gebakte Yorkshire-poeding in haar skoot sit omdat haar kleinseun en sy Hollywood-eggenote meer wil wees as lintknippers en balkonstaners.

Natuurlik is álles, veral volgens die geniepsige Britse media en stywelip publiek, Mêggie se skuld.

Die kaal kol op Herman se agterkop is nie te wyte aan ’n gebrek aan foliensuur wat die erge uitval van hare veroorsaak nie, nee, dis oor dit Mêggie se geliefkoosde sitplekkie is. Herman wou nog linte knip en parades inspekteer en vliegtuie op die Buckingham-paleis se balkon saam met ouboet Willem en pa Charlie kyk en salueer, maar moeilike Mêggie sê jy kan net soveel keer saam met ouma Liesbet ten aanskoue van fotograwe en televisiekameras treinry en kerk toe gaan, dan is dit ook nie meer snaaks nie.

Hoera vir Mêggie en Herman wat besluit het as hulle nie saam met ouma Liesbet wil Kersfees hou nie en eerder by ouma Doortjie in Kalifornië presente wil oopmaak, dan doen hulle dit. Dat hulle wil hê klein Arrie Warrie moet net ’n gewone seuntjie wees en kan tong uitsteek en fietsry in die straat en sy eerste skooldag en kys kan hê sonder om die volgende dag op die voorblad van ’n koerant of ’n betaalkanaal se hoofstorie te wees.

Al is ouma Liesbet se bloed blou soos ’n bul en dra sy ’n kroon en duur handsakke wat altyd by haar hoed, rok en skoene pas, en al is Herman ’n prins met ’n uniform en was hy in ’n duur privaat skool ouer as sy oupa Flip, en al is een Mêggie by wyse van ’n trouring en die feit dat sy ook nou op die balkon langs skoonsus Katrien kan staan ’n hertogin, is hulle net ménse.

Net soos ek en jy, sê Mêggie en Herman, en verdien hulle om ’n lewe te lei sonder die media wat veral venynig in Mêggie se rigting bly mik. Natuurlik aangevuur deur Mêggie se pôps TomTom wat nie skroom om sy dogter keer op keer uit te lewer aan juis die wolwe wat sy en Herman so van hul lywe wil weghou nie. Seriaas. Met ’n pôps soos TomTom gaan bly ek ook in een of ander miljardêr se herehuis iewers op ’n oewer met ’n veiligheidsheining en kameras.

Nou weet ons almal hoekom ouma Doortjie se frons tussen die oë so diep bly kerf. Nie oor die fotograwe wat ná die koninklike katedraaltroue nou skielik agter ’n bos uitspring as sy soos elke Maandag vir die hoeveelste dekade skuins ná drie haar jogaklas oudergewoonte in die gemeenskapsaal drie blokke bywoon nie. Nee wat, daardie kerffronsie is oor skinderbek TomTom teen wie haar ouers haar toe al beslis moes gewaarsku het. Nut vir niks, sê Doortjie se kerffronsie.

Mêggie en Herman en klein Arrie Warrie het verlede jaar so lekker by die bure anderkant die Oranje gekuier, wat beteken hulle kan mos nou net sowel hier by ons kom bly.

Vir ’n feit is daar iewers ’n parlementslid wat ’n ekstra inkomste wil in uit sy omheinde hoëmuurhuis in Luxury Hill om die maandelikse paaiemente so bietjie af te bring, wat saam met die nuwe Range Rover ’n man (of vrou) lelik ná betaaldag kan wurg.

Ampsmotors maak orals hul verskyning, van by Built It vir sement in die kattebak van die Mercedes oplaai tot by die visskoonmaakplek op Hentiesbaai. Beslis kan die sleutels met Mêggie en Herman gedeel word, ’n karstoeltjie vir Arrie Warrie sit ons sommer tjoef-tjaf in. Mêggie kan by die honderde sopkombuise die land vol gaan sop skep en met die kinders speel en siende dat Herman haar nou pimp vir voice overs kan sy mos help met stemwerk vir advertensies op die nasionale radio- en televisiediens.

Vir Herman het ons olifante en renosters, en ek is seker die weermag sal glad nie omgee as hy so nou en dan op die paradegrond die troepe wil inspekteer nie.

Jammer van die Namibiese dollar en die Britse pond, maar ’n voormalige prins en aktrise kan darem nou ook nie alles kry wat hul hart begeer nie. Of hoe.

Soortgelyk

 

Kauhaie wins the crown

7 ure gelede | Skole

Irene-Mari van der Walt Swakopmund • [email protected] the cancellation of the Mr Teen Swakopmund 2020, the Miss Teen Swakopmund 2020 pageant went ahead at...

Verband tussen voorvalle van verkragting ondersoek

7 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Die ooreenkomste tussen twee gruverkragtings die afgelope week in Havana aan die buitewyke van Windhoek kan die werk van reeksverkragters wees.So sê...

World Tourism Day

7 ure gelede | Mense

Michael ShagandjwaThe country should establish more unique heritage attractions that reflect our country’s background. Create an interesting image with reservations that are worth viewing and...

WAP wen Bakpro-kompetisie

7 ure gelede | Onderwys

Windhoek Afrikaanse Privaatskool was die wenners van die Bakpro Back-to-School-kompetisie. Die skool het 14 413 broodsakkies ingesamel en was die wenners van rekenaars en projektors...

Unam students appeal against traditional exams

7 ure gelede | Onderwys

ENZO AMUELEStudents at the University of Namibia (Unam) are in a bitter contest against the writing of traditional examinations.The university recently issued a circular about...

Lower grades back at school

7 ure gelede | Onderwys

Leandrea Louw Grade four, five and six learners were welcomed back at school on last week. The government schools have opted to divide the children...

Star Teacher of the Week

7 ure gelede | Onderwys

Leandrea Louw This week, the My Zone Star Teacher of the Week is Mrs Veneza Memory Rheeder. She has been a teacher since 2003 and...

Westside High represented on local town council

7 ure gelede | Skole

Jhanré PretoriusA brand new Swakopmund Junior Town Council for the year 2020-2021 was inaugurated in August. Two of the 15 members are from Westside High...

The last race is the hardest race

7 ure gelede | Onderwys

A personal accountJOSEFINA ANKONGA The year started smoothly, back then when everything was still normal. We went to school on a daily basis, we...