Hage se regrukspan u2018onnodigu2019
Hage se regrukspan u2018onnodigu2019

Hage se regrukspan ‘onnodig’

Die opposisieleier vra hoeveel 'n presidensiële raadgewende paneel die land gaan kos.
Ogone Thlage
Ogone Tlhage – Die president se besluit om ’n raadgewende ekonomiese paneel op die been te bring, is met huiwering begroet en deur ontleders bevraagteken.

Pres. Hage Geingob het onlangs ‘n raadgewende paneel van 22 lede onder die voorsitterskap van EOS Capital se voorsitter, mnr. Johannes !Gawaxab, bekend gestel.

Ook op die paneel is die Suid-Afrikaanse geoktrooieerde rekenmeester mnr. Vuyo Jack, die Nigeriese telekommunikasie-sakeman mnr. Joseph Okpaku en die ekonoom mnr. Carlos Lopes van Guinee-Bissau.

Volgens die akademikus mnr. Omo Kakujaha-Matundu is enige poging om die ekonomie te herstel prysenswaardig. Maar, sê hy, die land se ekonomiese probleme is reeds aan die regering bekend.

“Die aanstelling van die paneel noop mens om te vra wat is onbekend met betrekking tot die bottelnek in die Namibiese ekonomie wat die paneel gaan ontdek,” het hy gesê.

“Baie werk word op ministeriële vlak gedoen, maar wat kortkom, is die implementering daarvan. Daar is ’n gebrek aan verantwoordbaarheid en gevolge van die nie-implementering van regeringsprojekte en –beleidsrigtings.”

Volgens Kakujaha-Matundu is die paneel “opgeblase” en kan dit maklik in ‘n drukgroep vir verskeie sakebelange en huurinkomste ontaard.

“Wat die paneel moontlik kan doen, is om vir die president uit te lig wat die regering reeds weet en nie kon implementeer nie. Die paneel is te groot om met iets betekenisvol na vore te kom . . . Ek koester nie hoë verwagtinge vir die paneel nie,” het hy gesê.

Volgens die leier van die Popular Democratic Movement (PDM), mnr. McHenry Venaani, sal die totstandkoming van die raad daar die Nasionale Beplanningskommissie min ruimte gee om die regering van raad te bedien.

“’n Mens moet vra wat die Nasionale Beplanningskommissie doen wat raad betref aan die regering oor ekonomiese beleidsrigtings wat ondersoek moet word, waarvoor ons ‘n paneel van 22 mense met drie internasionale kenners nodig het,” het Venaani gesê.

Hy het ook gevra of die paneel die gevolg is van mnr. John Steytler, die presidensiële ekonomiese raadgewer, se bedanking.

“Dit beteken ons het John Steytler se pos met 22 ander vervang.

“Daar moet ook gevra word hoeveel die paneel die land gaan kos. Ek is seker baie van dié mense gaan nie verniet kom nie; hul vliegkaartjies moet betaal word; hulle moet op ‘n raad dien . . . so, hoeveel gaan die paneel ons kos? Is dit dieselfde salaris as wat Steytler s’n was?”

Venaani voel die paneel kry nie genoeg tyd om sy doelstellings te bereik nie.

“Ons wag en kyk wat die paneel binne ‘n jaar gaan oplewer, maar volgens my is dit baie kort . . . ”

Die arbeidsontleder mnr. Herbert Jauch het ook die paneel se grootte bevraagteken en gesê dit sal moeilik wees om konsensus onder soveel lede te bereik.

Jauch was lid van ‘n presidensiële ekonomiese raadgewende komitee tydens die voormalige president, mnr. Hifikepunye Pohamba, se ampstermyn.

“Ek dink die paneel kan net werk as dit ‘n kleiner groep eensgesinde mense is,” het Jauch gesê. Volgens hom moet die groep ook lede met sterk makro-ekonomiese kennis insluit.

Hy het gesê hy was verras om te sien mense met sakebelange is gekies om op die paneel te dien, wat moontlik hul eie belange sal dien.

“Die nuwe raad gaan uitdagings hê,” het hy gesê.

Die paneel, wat in beginsel ‘n hergestruktureerde presidensiële ekonomiese raadgewende raad (PEAC) is, wat voorheen bestaan het, is deur Geingob in ooreenstemming met ’n bepaling van die grondwet aangestel.

“Die aanstelling van ‘n hoëvlakpaneel vir die ekonomie is deur mense bevraagteken. Die hoofdoel van die herstrukturering van die paneel is om bewysgebaseerde voorstelle, strategieë en ingrypings te werf, wat deur middel van beleggings gelei deur die private sektor die herlewing en versnelling van inklusiewe ekonomiese groei en werkskepping kan lei,” het Geingob gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026