Hage red vir Jerry
Denver Kisting – Pres. Hage Geingob, ook Swapo se president, het sy lys van tien name op die party se lys van kandidate vir die Nasionale Vergadering (NV) bekend gemaak.
Mnr. Jerry Ekandjo, wat verlede jaar as minister deur Geingob in die pad gesteek is, is een van die mense na wie Geingob ’n reddingsboei uitgegooi het.
Ekandjo het kragtens die afgelope naweek se Swapo-kieskollege die 107ste meeste stemme op hom verenig.
Met Geingob se hulp is hy tans in die 31ste posisie vir die party se NV-lys.
Geingob het ook oënskynlik vir prof. Peter Katjavivi, die speaker van die Nasionale Vergadering, en me. Margaret Mensah-Williams, die voorsitter van die Nasionale Raad, gered.
Hulle is van die 89ste en 92ste posisies onderskeidelik opgeskuif na die 23ste en 24ste posisies onderskeidelik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie