Hage ontken steeds sistemiese korrupsie

'Ons sien mense se woede'

11 December 2019 | Regering
Augetto Graig



Pres. Hage Geingob het Vrydag vanjaar se laaste kabinets­vergadering gelei.

“Vanjaar was die jaar van aanspreeklikheid, en ons het inderdaad reken­skap aan die uiteindelike soewereine mense van Namibië gegee. Dit was 'n lang en soms moeilike reis, maar die kabinet kon sy hoofdoel bereik deur die nasie op 'n bestendige koers na die bereiking van ons ontwikkelingsdoelwitte te hou,” het hy gesê.

Geingob het sy kabinetslede vir die bewaring van demokrasie, eenheid, vrede, stabiliteit en die oppergesag van die reg geloof.

“Ons neem soms maatskaplike vrede, orde en veiligheid as vanselfsprekend. Miskien het ons mense oor die jare so gewoond hieraan geraak dat ons nie verstaan hoe kritiek dit vir ons lewenswyse is nie. Dit is hoekom ek sê dit is maklik om af te breek, maar moeilik om weer op te bou. Daarmee in gedagte wil ek almal loof vir hul onvermoeide poging om vrede in die Namibiese huis te bewaar,” het hy gesê.

Geingob sê kabinetslede weet vrede, stabiliteit en veiligheid is nie dieselfde as voorspoed nie.

Die doel van sy dorpsaalbesoeke was om die massas te betrek en terugvoering te gee oor die regering se pogings om hul lewens te verbeter, het hy gesê.

“Die korrupsiekwessie is maar twee keer gedurende die dorpsaalvergaderings gelug,” het hy gesê.

“Dit is hoekom ek glo korrupsie in Namibië is nie sistemies nie, maar die indruk is geskep dat Namibië 'n ­korrupte samelewing is.

“Hoewel korrupsie in Namibië nie sistemies is nie, het die aksies van 'n paar korrupte amptenare ons land se goeie naam besmet. Dus is dit belangrik vir staatsamptenare om klem daarop te lê dat korrupsie in enige vorm onaanvaarbaar is,” het hy gesê.

Volgens die president is die land se topleierskap bewus van die huidige korrupsiestorm in die visbedryf.

“Ons sien mense se woede – veral dié wie se bestaan weens korrupsie verwoes is. Enigiemand sou kwaad wees. Dié gebeure was vir ons 'n wekroep om ons poging tot groter aanspreeklikheid en deursigtigheid in alle aspekte van regering te verdubbel,” het hy gesê.

“Die feit bly staan die ­betrokkenes is nie meer ministers nie, en hul kantore is nou oop sodat deeglike ondersoek ingestel kan word. As wetsgehoor­same samelewing glo ons in die proses, stelsels en instansies en ons sal die betrokkenes toelaat om volgens die regte wetlike proses verhoor te word,” het die president gesê.

Geingob het sy ­medewetsontwerpers aangeraai om wetgewing, verkiesings­toelae en bydraes tot enige politieke party se verkiesingsveldtog duidelik uiteen te sit “om die grys gebied uit te skakel waarin ons nou te werk gaan”.

“Ek hoop ons geniet volgende jaar meer suksesvolle oomblikke en leer uit 2019 se lesse, en werk aan ­lewensvatbare oplossings om volhoubare ekonomiese groei en werkskepping in Namibië te verseker,” het hy gesê.

“Volgende termyn sal dit nie net sake soos gewoonlik wees nie.”

[email protected]

Soortgelyk

 

Covid-19: 5de nuwe geval binne 4 dae

17 ure gelede | Gesondheid

‘n Vragmotorbestuurder in Walvisbaai het gister positief vir Covid-19 getoets.Dit is die vyfde positiewe geval sedert Woensdag. Al die persone was in kwarantyn.Persone waarmee die...

‘80% van skole gereed’

3 dae gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sowat 80% van die 1 920 staatskole oraloor in die land is gereed om leerlinge volgens verpligte gesondheidsregulasies te ontvang wanneer hulle...

Nog leerlingdokters wag om uitgeplaas te word

3 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Meer as 100 leerlingdokters wag glo reeds maande om vir internskappe by staatshospitale oraloor in die land uitgeplaas word. Die 166 leerlingdokters...

Stadspolisie van hardhandigheid beskuldig

3 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, voer aan ’n beampte van die stadspolisie, waarnemende sersant Erwen Katiti, het hom Dinsdaglaatmiddag...

Weer vir 22 Mei 2020

3 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltleik bewolk en warm in die streke van ||Kharas en Hardap. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

‘Vervoer van drank nie ’n misdaad’

3 dae gelede | Misdaad

Francoise SteynbergDie blote vervoer van drank is nie ’n misdaad nie en kan nie as redelike gronde gebruik word vir agterdog van die koop of...

Vroue in kwarantyn toets positief vir Covid-19

3 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Twee vroue het in kwarantyn positief vir Covid-19 getoets. Dit bring Namibië se totaal bevestigde Covid-19-gevalle op 18 te staan. Volgens die...

Ebikes: vinnig, goedkoop en groen

3 dae gelede | Mense

Tanja Bause Nie te veel besighede kan sê dat hulle in die Covid-19-tyd so goed aangepas het dat hulle nuwe werknemers moes aanstel nie. Ebikes4Africa...

Market Watch Covid page - snippets

3 dae gelede | Gesondheid

The Namibia Football Association (NFA) executive committee has yet to decide what to do with funds it expects to receive from the Federation of International...