Hage onder kruisvuur
Hage onder kruisvuur

Hage onder kruisvuur

Opposisiepartye voel koppe moet rol oor korrupsie; Geingob sê opposisiepartye moet die regering bystaan om korrupsie uit te wis.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Hoewel president Hage Geingob breedvoering oor sekere kor­rupsiesake in sy staatsrede (Sona) uitgebrei het, het opposisieleiers hom steeds gelooi omdat hul gevoel het nie genoeg word gedoen om korrupsie aan die kaak te stel nie.

Die amptelike opposisieleier van die DTA, mnr. McHenry Venaani, wou weet of enige koppe gaan rol in die groter begroting van die Namibiese Brandstofbergingsfasiliteit in Walvisbaai wat van N$800 miljoen in 2010 tot N$5,5 miljard gegroei het.

Geingob het teruggekap en gesê deeglike ondersoeke is gedoen en dat “mense op die punt is om aangekla te word” in die onderskeie sake.

Hy het 'n beroep op opposisiepartye gedoen om die regering te help om korrupsie te identifiseer en uit te roei.

Die president het opgemerk dat hy mense van die begin af gewaarsku het om nie na Staatshuis te gaan met besigheidsvoorstelle nie. Hy het gesê dit moet aan die onderskeie ministeries voorgelê word om te verseker dat daar verskeie vlakke van besluitneming is om die moontlikheid van korrupsie te verminder.

Venaani het Geingob ook gevra oor 'n N$9 miljoen per jaar begroting vir die komende drie begrotings­jare (2017-'20) vir nuwe meubels vir die kantoor van die president terwyl die regering steeds 'n kontantkrisis ervaar.

Die president van Swanu, mnr. Usutuaije Maamberua, wou weet wat Geingob se houding is oor die nasio­nalisering van die land se myne in die konteks van 'n studie wat gedoen is oor die Namibiese strategiese minerale.

Maamberua wou ook weet hoekom China en die Verenigde State van Amerika (VSA) ruimte-agentskappe in Namibië bedryf. President Geingob het nie hierdie vraag beantwoord nie.

Verskeie opposisieleiers wou weet wat die stand van sake is met die onderhandelinge tussen die Namibiese en Duitse regerings oor vergoeding vir die 1904-'08-volksmoord.

Geingob het gesê voormalige president Hifikepunye Pohamba het samesprekings oor die volksmoordkwessie met die Duitse kanselier Angela Merle heropen. Op grond hiervan is 'n kabinetskomitee aangestel om op te klaar wat die Namibiese kamp met “volksmoord”, “vergoeding”, en “'n verskoning van Duitsland” bedoel.

Hy het ook voorgestel dat Namibië 'n duidelike idee moet hê oor wat dit van die Duitse regering verwag.

“Wil mense kontant hê? Wie kry die geld? Die nasate (van die slag­offers van die volksmoord)? Al hierdie aspekte moet duidelik omskryf word,” het Geingob voorgestel.

Hy het erken die Namibiese kamp het 'n nominale bedrag aan Duitsland voorgestel, maar het sy twyfel uitgespreek of die Duitse regering geld as vergoeding sal uitbetaal.

Hy het gesê hy het dr. Zed Ngavirue as die Namibiese spesiale gesant vir die volksmoord-samesprekings aangestel omdat Ngavirue 'n goeie reputasie het en vertroud is met die kwessie.

Volgens Geingob is Nama- en Ovaherero-groepe nie direk by die samesprekings met Duitsland betrokke nie omdat Namibië 'n verteenwoordigende demokratiese regering het.

Geingob het gesê hy het met die opperhoof van die Ovaherero tradisionele owerheid, adv. Vekuii Rukoro, by sy huis vergader waar hulle oor verteenwoordiging gepraat het. By hierdie vergadering het Geingob Rukoro versoek om sy opmerking dat hierdie 'n “Wambo-regering” is, terug te trek. Rukoro het dit gedoen.

Op 'n vraag van Maamberua oor wat Geingob se houding oor voorvaderlike regte op grond is, het Geingob geantwoord dat dié kwessie nie by die eerste grondkonferensie in 1991 opgeklaar kon word nie.

Hy het voorgestel dat navorsing hieroor gedoen word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026