Hage looi ministers

‘Gebrek aan verantwoordbaarheid’

06 February 2019 | Regering
Denver Kisting – Pres. Hage Geingob het gister uitgevaar teen ministers wat in die openbaar dronk is en dié wat vuil taal gebruik.

Ministers wat met regeringsvoertuie by kroeë rondhang, dra ook nie sy goedkeuring weg nie.

Volgens hom stel dit ook ’n slegte voorbeeld as ministers die grens oorsteek met hul ampsvoertuig, of goedere, soos sement, met ’n sedan rondry.

Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Juliet Kavetuna, was eens in die sop weens ’n sementsending.

Dit is ook onaanvaarbaar vir ’n minister om nie vir die eerste kabinetsvergadering van die jaar op te daag nie.

Mnr. Utoni Nujoma, die minister van grondhervorming, het gister glo ’n doktersafspraak gehad en kon die verrigtinge nie bywoon nie.

Pres. Hage Geingob wou by sy adjunk, me. Priscilla Boois, weet hoekom Nujoma nie sy doktersafspraak kon herskeduleer nie.

Volgens hom is dit ’n teken van ’n gebrek aan verantwoordbaarheid – Geingob se tema vir 2019.

Mnr. Calle Schlettwein, die minister van finansies, het ook sy adjunk, mnr. Natangwe Ithete, gestuur, omdat hy tans in Ethopië is vir werk.

Me. Doreen Sioka, die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, se adjunk, me. Lucia Witbooi, het vir haar ingestaan omdat sy ook tans in Addis Abeba is.

Geingob het gister gesê in dié verkiesingsjaar moet hy en sy kabinet rekenskap gee oor hoe hulle die land die afgelope vier jaar bestuur het.

Dit is uiters belangrik vir kabinetslede om verantwoordbaar vir hul dade en besluite te wees, sê hy. Volgens Geingob sal dít help om te bepaal hoe doelftreffend hul werksaamhede is.

Hy het die ministers gemaan om nie net op lof te steun wanneer dinge uitwerk nie, maar ook die pak te vat as dinge skeefloop.

“Ons moenie deur die vrees om te misluk, ontmoedig word nie, maar moet aangespoor word deur ons oortuiging en geloof om vir die verbetering van inwoners se lewens te werk.”

Geingob het voorts gesê deur verantwoordbaar en deursigtig op te tree, help kabinetslede om die publiek se vertroue in hulle te vestig.

Hy het beklemtoon ministers het, deur diens te aanvaar, ’n kontrak met Namibiërs gesluit om na hul belange om te sien. As ministers dié vertroue breek, moet hulle bereid wees om dit te herstel, sê hy.

Ekonomiese vooruitgang is onmoontlik sonder vertroue tussen die kabinet en die sakegemeenskap, het hy ook gesê.

Hy is teleurgesteld in sommige ministers, wat nie beskikbaar is om met plaaslike en internasionale beleggers te vergader nie.

Die beste, sê hy, is om jou in die eerste plek nie tot ’n afspraak te verbind nie, maar as mens dít gedoen het, moet jy daarby hou, sê hy.

As dit waar is dat ministers volgens sommige joernaliste ontoeganklik is en nie inligting verskaf nie, moet daardie gedrag ook in sy spore gestuit word, sê hy.

Dit gee egter nie die media die reg om onverantwoordelik op te tree nie, het hy gemaan.

Verantwoordbaarheid beteken nie om ander se gedrag te beheer nie, sê hy.

“Julle is daar om leierskap, rigting en ondersteuning binne die raamwerk van ’n span te bied.”

Geingob sê hy is verheug dat die titel “permanente sekretaris” nie meer aan rekenpligtige beamptes van ministeries toegedig word nie.

Hy hoop dit word nie net ’n naamsverandering nie, maar dat uitvoerende direkteure voortaan meer verantwoordbaar en deursigtig sal optree.

Geingob het gister opnuut op dié relletjie gereageer, wat ontstaan het sedert sy beweerde inmengery by die Windhoekse stadsraad (CoW) se binnegevegte.

Hy het raadslede beveel om geskortse CoW-hoëlui weer aan te stel – hy het nie daardie mense self heraangestel nie, het Geingob gesê.

Hy het voet by stuk gehou hy het nie skeiding van magte tussen regeringsorgane, soos deur die Grondwet voorgeskryf, verontagsaam nie.

Volgens Geingob het die uitvoerende gesag die reg om daarop aan te dring dat hulle, die wetmakers en die regbank verantwoordbaar gehou word.

Soortgelyk

 

Windhoek klop waterteikens

6 ure gelede | Plaaslik

font face="Verdana" >Elvira Hattingh - Inwoners van die hoofstad neem waterbesparings uiteindelik ernstig op en het die afgelope week weer 4% bespaar. Volgens me....

Kalahariwoestyn keer terug

6 ure gelede | Polisie

Denver Kisting – In ’n poging om soortgelyke tragedies te verhoed soos die een waarin ’n Zimbabwiese taxibestuurder gesterf het, gaan alle beamptes wat aan...

Weer, Woensdag 7 Augustus 2019

6 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig in //Kharas, maar warm tot baie warm in die Noorde. Elders sal dit sonnig en warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Tweejarige sterf in ongeluk

6 ure gelede | Ongelukke

’n Tweejarige meisie, Andrea Pawa Jason, het Saterdagoggend in ’n ongeluk sowat 2 km buite Usakos gesterf.Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die ongeluk...

Nudo, UPM voeg stem by antikuberkraakkoor

6 ure gelede | Politiek

Denver KistingDie president van die National Unity Democratic Organisation (Nudo), me. Esther Muinjangue, sê hulle is nie onder die huidige omstandighede beskikbaar vir die kuberkraaktoets...

renosters by Onguma onthoring

6 ure gelede | In beeld

Om stropery te voorkom het die Onguma-wildreservaat naby die Etosha Nasionale Park onlangs al hul renosters ontho­ring. Volgens die reservaatbestuurder, mnr. Jonathan Strijbis, was die...

Jong beesbeoordelaars beïndruk

6 ure gelede | Gebeure

Elvira HattinghBank Windhoek en Feedmaster span tans saam om 'n nasionale beesbeoordelaarskompetisie en -kursus vir Namibiese jongmense aan te bied.Tot dusver het die organiseerders deelnemers...

Elfjarige glo deur oom (48) verkrag

6 ure gelede | Misdaad

’n Meisie (11) is Vrydag omstreeks 14:00 glo deur haar 48-jarige oom in die Etaneno-nedersetting naby Onankali verkrag.Die verdagte is in hegtenis geneem en sou...

'Elke druppel tel'

6 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtAs alle babas onmiddellik ná geboorte direkte ­velkontak ontvang, vir ses maande uit­sluitlik geborsvoed word en tot op twee jaar bykomende voeding ontvang, sal...