Hage: 2020 die jaar van selfondersoek

Kabinet geopen

05 February 2020 | Regering
Augetto Graig



President Hage Geingob het die eerste kabinetsvergadering vir die nuwe jaar en dekade gister geopen.

Volgens hom hou vanjaar groot veranderinge vir die kabinet in.

“Nie almal van ons sal terugkom nie,” het hy aan ministers gesê, en weer melding gemaak van sy onderneming om die kabinet te verklein.

Geingob sê hy oorweeg nog watter ministeries saamgevoeg kan word en presies hoe hy die hoeveelheid kabinetslede sal verminder. Hy het ook op 50/50-geslagsverteenwoordiging aangedring.

Die staatshoof het sy gewoonte voortgesit om 'n tema aan elke jaar toe te dig. Die tema vir 2015 was beplanning, 2016 was die jaar van implementering, 2017 die jaar van hertoewyding, 2018 van rekenskap, en verlede jaar was die jaar van aanspreeklikheid.

Vanjaar is die jaar van selfondersoek, het Geingob gesê.

“Tot watter mate het ons gedoen wat mense van ons nodig het om in hul basiese behoeftes te voorsien? Het ons genoeg huise, toilette, boorgate, skole, klaskamers, hospitale en dies meer verskaf?” het hy gevra.

Die president het sy ministers ingelig hy het reeds aansoeke van burgers ontvang , wat voel hulle kan ministers se poste beter volstaan.

Hy het gesê sy kabinet is die afgelope drie jaar weens die ekonomiese knyptang aan bande gelê.

“Met die min hulpbronne tot ons beskikking . . . het ons ons bes gedoen, was ons skeppend genoeg, wat kon ons anders onder die omstandighede gedoen het om steeds goeie uitslae te kry? Ná hierdie proses van selfondersoek moet ons met 'n plan van aksie vorendag kom om geïdentifiseerde tekortkominge aan te spreek,” het Geingob gesê.

Die president het gesê sy voorstel vir 'n “nadoodse ondersoek” na verlede jaar se verkiesings is goedgekeur.

“In teenstelling met wat sommige ontleders beweer, naamlik dat die verlies van Swapo se tweederdemeerderheid in die parlement 'n groot mislukking is, het Swapo eintlik 'n reusemandaat van 66% en 63 setels gekry,” sê hy.

“Hierdie uitslag is die kiesers wat sê: Ons het steeds vertroue in julle as regerende paty, maar word wakker,” het hy gesê.



'VERANDER INGESTELDHEID'

“Die mense sê hulle wil hê Swapo-parlementslede moet parlementsittings pligsgetrou bywoon, en kwessies wat hulle bekommer, soos ontwikkeling en welvaart, deur middel van gehalte en opbouende debatte bespreek. Hulle wil wetgewing hê wat mense sal help om van armoede te ontsnap deur middel van toegang tot meer ekonomiese geleenthede en eienaarskap van hul eie hulpbronne,” het Geingob gesê.

Hy het 'n beroep op kabinetslede gedoen om hul ingesteldheid oor armoede, werkloosheid, inkomsteongelykheid, ekonomiese uitsluiting, korrupsie, misdaad, geslagsgeweld, stamgebondenheid en rassisme te verander.

Geingob het die jeug, die media, die privaat sektor en die res van die samelewing versoek om selfondersoek in te stel en oor hul eie opvattings te besin.

– [email protected]

Soortgelyk

 

Steeds geen kontrak vir diens aan Psemas

11 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Die staat se mediese fonds (Psemas) se nuwe kontrak met gesondheidsdiensverskaffers wat reeds sedert 2017 sloer, is weer uitgestel, die keer tot...

Beeste uit Botswana vul tekort aan

11 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer - Sowat vier maande nadat Botswana sy grens vir die uitvoer van lewende slagbeeste na Namibië oopgestel het, kon Meatco op Dinsdag 18...

Boer skiet glo 'mieliedief'

11 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - 'n Boer van Tsumeb het Maandag op ‘n klag van poging tot moord in die landdroshof verskyn nadat hy glo ‘n vermeende...

Weer, Woensdag 26 Februarie 2020

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolkte en baie warm weer sal in die Kunene-Wesstreek heers. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees met geïsoleerde,...

Samherji-werkers afgelê

11 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw – Sowat 210 werknemers van die vaartuie MV Saga en MV Geysir gaan aanstaande maand afgelê word. Die werknemers is vroeër vandeesmaand gestrand...

Posisioneer jouself betyds vir groter wins

11 ure gelede | Landbou

Christo du Plessis, Dierevoedingskundige: Feedmaster – In hierdie artikel kyk ons na die sleutelkwessies in rooivleisproduksie wat wins dryf, en hoe fosforaanvulling produsente se winsgewendheid...

N$14 miljoen vir kragprojek bewillig

11 ure gelede | Regering

Yandi du Plessis - ’n Sooispitseremonie vir die voorsiening van krag aan die Otjomuise- en Havana informele nedersettings het Vrydag in Otjomuise in die hoofstad...

Houthandel: Bewerings van vuilspel

11 ure gelede | Omgewing

Catherine Sasman – Die ministerie van landbou, water en bosbou het onlangs erken gevalle van onwettige houtoeste het wel plaasgevind sedert ’n moratorium op oeste...

Lesersfoto's 26 Februarie 2020

11 ure gelede | Lesersfoto's

Lesersfoto's 26 Februarie 2020