Guinness-vark
Prut ’n varkblad stadig-stadig in donker bier, pluis hom en laat waai...
Jy benodig(genoeg vir 8)
• 1 varkblad van 2 kg
• sout en swartpeper
• 2 eetlepels olyfolie
• 2 eetlepels botter
• 3 uie, in dik skywe gesny
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• ’n toontjie gemmer van 5 cm, fyngekap
• 1 rooi brandrissie, fyngekap
• 1 eetlepel heel koljandersaad
• 1 blikkie (440 ml) Guinness
• ½ koppie tamatiesous
• 2 eetlepels dijonmosterd
• 1/3 koppie bruinsuiker
• 1 blikkie (425 g) mango, gedreineer en in blokkies gesny
• ½ rooiui, fyngesny
• 1 avokado, in blokkies gesny
• ’n hand vol vars koljanderblare, fyngekap
• 8 broodrolletjies
Só maak jy1. Geur die vark oraloor met sout en swartpeper. Verhit die olyfolie in ’n platpotjie oor matige kole en braai die blad vir 5-7 minute aan elke kant tot goudbruin. Skep die vleis uit die pot en hou dit eenkant.
2. Smelt die botter in die pot en braai die uie vir 8-10 minute daarin tot dit gekarameliseer is. Voeg die knoffel, gemmer, brandrissie en koljander by en braai alles saam vir 2-3 minute.
3. Klits die Guinness, tamatiesous, mosterd en bruinsuiker saam. Gooi dié biersous in die pot, sit die vleis daarin, verhit dit tot kookpunt en laat die pot vir 3-4 uur prut tot die vleis murgsag is. (Roer die pruttende pot elke halfuur.)
4. Haal die blad uit, pluis dit met ’n vurk en roer die vleis in die biersous.
5. Meng die mango, ui, avokado en vars koljander saam en sit die gepluiste vark met dié mangosalsa op broodrolletjies voor. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie