Grubesonderhede in die hof onthul

Die beskuldigde in die Arandis-moordsaak hou vol hy is onskuldig en dat 'n oudkollega agter die tragedie sit.
Erwin Leuschner op Swakopmund - Die beskuldigde in die Arandis-moorde sê hy is oorbluf deur die magdom getuienis wat die staat teen hom ingewin het.

Tog sê mnr. Ernst Josef Lichtenstrasser (58) “niks in die hele ondersoek verras my meer nie”.

Lichtenstrasser staan tereg op twee klagte van moord, die onwettige besit van 'n vuurwapen en ammunisie, asook dwarsboming van die gereg. Sy borgtogverhoor is Vrydag in die Swakopmund-landdroshof voortgesit.

Die klagte spruit uit die skietdood van mnre. Eckhart Mueller (72) en Heimo Hellwig (60), onderskeidelik die uitvoerende en adjunkdirekteur van die Namibiese Instituut vir Mynwese en Tegnologie (Nimt), op 15 April vanjaar. Die beskuldigde het na bewering vroegoggend by die Nimt-kampus op Arandis die mans vermoor.

Lichtenstrasser is Vrydag deur adjunk- aanklaer-generaal Antonia Verhoef aan sewe ure se kruisverhoor onderwerp.

Verhoef het daartydens verskeie getuienis voorgelê, asook uittreksels voorgelees van die beskuldigde se bekentenis aan die polisie wat op video vasgelê is. Daarin erken Lichtenstrasser dat hy en Mueller maande voor die skietvoorval stry gekry het.

Volgens Lichtenstrasser het hy op Sondag 14 April met sy vrou op Otavi vasgesit, wat "die sneller" vir die beplande moorde was. Op dieselfde dag het hy in Arandis se rigting gery en op Karibib stilgehou. Daar het hy die laaste wapen in sy “onwettige, weggesteekte voorraad" in 'n grot op sy eksvrou se hervestigingsplaas gaan haal. Dié pistool, 'n 9 mm Baretta, was 'n “voormalige Koevoet-wapen".

Lichtenstrasser het van daar gery en omstreeks 22:00 op Arandis aangekom. Volgens hom was hy "te vroeg" en het 'n ent verder in die woestyn stilgehou. Hy het in sy motor, 'n Nissan NP300, gewag.

Die volgende oggend (15 April) het hy Arandis toe gery en Mueller se Mercedes by die dorp sien indraai. Hy het die voertuig agtervolg. “Ek was verras oor hoe vlot alles verloop het," sê hy in sy bekentenis.

Mueller het voor Nimt se hoofingang stilgehou, en Lichtenstrasser agter hom.

“Ek was verras dat (Hendrik) Koekemoer (afdelingshoof by Nimt) nie daar was nie. Hy is 'n aangename man,” het Lichtenstrasser gesê.

Volgens hom wou hy met Mueller en Hellwig praat, maar Hellwig het hom gekonfronteer en gevra wat hy daar soek. Mueller, aan die ander kant, het gesê “ek wil jou nie sien nie” op 'n manier “wat almal gehaat het”.

Lichtenstrasser sê hy het "dit verloor" en "outomaties" opgetree.

Hy het die sogenaamde “Mosambiek-dril” uitgevoer, waarvolgens 'n persoon twee keer in die lyf en dan een keer in die kop geskiet word.

Lichtenstrasser het eers vir Hellwig geskiet en toe vir Muller, maar het "oordrewe" opgetree en hom meer as twee keer in die lyf geskiet voordat hy hom met 'n kopstoot vermoor het.

Hy het toe sowat 50 kilometer ver die woestyn ingery en die wapen by 'n kliprif begrawe.

“Ek wou selfmoord pleeg, maar kon nie, want 'n stem in my kop het gesê ek het niks verkeerd gedoen nie,” sê Lichtenstrasser. “Wat gebeur het was sleg, maar ek is nie hartseer daaroor nie."

Tydens Verhoef se voorlesing van die bekentenis het Lichtenstrasser deurgaans aangedring hy het bloot herhaal wat die polisie hom voorgesê het.

“Maar hier is besonderhede in waarvan die polisie nie weet nie,” het Verhoef daarop gesê.

Lichtenstrasser se antwoord was dat hy die besonderhede “versin en aangevul het sodat dit meer geloofwaardig klink".

Hy het weer eens aangevoer dat hy net die bekentenis gemaak het omdat die polisie hom vir weke mishandel het, hom onverpoos ondervra het, hom toegang tot regshulp geweier het en gedreig het om sy vrou te arresteer. “Ek was op 'n eetstaking weens dié mishandeling en kon nie helder dink nie," het hy gesê.

Verhoef het verdere getuienis voorgelê en gesê 'n skoonmaker van Nimt het kort voor 07:00 op 15 April gesien hoe 'n Nissan NP300 die woestyn inry.

'n Speurder het ook ná die skietvoorval met “goeie ou polisiewerk” die spoor gevolg. Aanduidings was dat die kar in die woestyn stilgehou het waar die spore gevind is van skoene soortgelyk aan dié wat Lichtenstrasser tydens sy inhegtenisneming gedra het. Die skoenspore word tans in 'n laboratorium ontleed.

Die polisie het ook die gebied met 'n metaalverklikker verken. Hulle het afgekom op 'n 9 mm Baretta-pistool wat uitmekaar gehaal is, asook 18 patrone vir dié wapen, wat in die sand begrawe was.

“Dit is vasgestel dat van die agt patroondoppies wat op die moordtoneel gekry is, minstens een moontlik uit daardie wapen afgevuur is,” het Verhoef gesê. Wat vreemd is, is dat die wapen twee verskillende reeksnommers het wat nie nagespeur kan word nie. Aangesien Lichtenstrasser 'n passer en draaier is wat by Nimt gewerk het, kon hy dit gegraveer het.

Al dié bewyse is volgens Lichtenstrasser nie verbasend nie, aangesien “niks in hierdie twyfelagtige ondersoek my meer verras nie".

Hy het 'n “vooraanstaande Nimt-bestuurder" van die moorde beskuldig en gesê dié het die bewyse gemanipuleer om hom te inkrimineer. Dié bestuurder, wie se naam hy nie wou noem nie, het volgens die beskuldigde die beheer by Nimt oorgeneem en het dus 'n motief. Daarbewens is die persoon 'n oudpolisieman, aldus Lichtenstrasser.

Tydens sy twee dae lange borgtogaansoek het hy herhaaldelik verwys na 'n “interne heksejag op hom by Nimt" waarvoor "die Duitse koerant" direk verantwoordelik is. Hý is die slagoffer en is "basies reeds skuldig bevind", wat hy as "ontstellend" beskryf.

Die koerant het ook 'n “versoekskrif opgestel wat sy borgtog teenstaan” en het die "Duitse gemeenskap" gemobiliseer om dit te onderteken.

Dié versoekskrif is Donderdag tydens 'n vreedsame protes voor die hof deur Arandis se burgemeester, mnr. Risto Kapenda, voorgelees. Kapenda en die sowat 3 000 ondertekenaars dring daarin aan dat borgtog geweier word. Die burgemeester het Lichtenstrasser as persona non grata (ongewenste persoon) beskryf, en gesê hy moet vir sy eie veiligheid in die Walvisbaai-gevangenis bly.

Lichtenstrasser word deur mnr. Trevor Brockerhoff verteenwoordig. Die borgtogverhoor word op 8 Julie hervat en Lichtenstrasser bly in aanhouding.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026