Gru-ongeluk in Kavango-Wes
Gru-ongeluk in Kavango-Wes

Gru-ongeluk in Kavango-Wes

Slegs een passasier het oorleef toe twee voertuie trompop gebots en beide in vlamme uitgebars het.
Yandi Du Plessis
Yandi du Plessis en Kenya Kambowe – Tien mense het Vrydag omstreeks 18:45 in die dorp Simanya in die Kavango-Wesstreek in ’n gru-ongeluk omgekom nadat die voertuie waarin hulle gery het, ná ’n kop-teen-kopbotsing aan die brand geslaan het.

Al dié slagoffers, van wie een glo ’n baba was, is onherkenbaar verbrand. Daar was net een oorlewende.

Simanya is ongeveer 15 kilometer wes van Nkurenkuru op die B10-pad geleë.

Adjunkkommissaris Abner Agas, die koördineerder van misdaadondersoeke in Kavango-Wes, het die ongeluk bevestig en het aangedui dat die oorsaak nog onduidelik is.

Ooggetuies het glo gesê een van die bestuurders het oënskynlik beheer verloor en met die ander motor gebots nadat hy van die teerpad afgery het om voetgangers te ontwyk wat na bewering in die pad was.

Vir die omstanders en ander wat vroeg op die toneel afgekom het, was dit ’n afgryslike ondervinding dat hulle niks kon doen vir die vasgekeerde slagoffers wat om hulp geskreeu het nie, want altwee motors – ’n sewesitplekvoertuig met vyf passasiers en ’n oorvol Nissan Tidal met ses passasiers – was reeds aan die brand.

Die oorlewende is na die Nkurenkuru-hospitaal gehaas en is glo in ’n stabiele, maar kritieke toestand.

Die NamPol-hoof van gemeenskapsake in Kavango-Wes, hoofinspekteur Raimbert Muronga, het gesê die ondersoeke is nog aan die gang en het versoek dat familielede na vore kom om te bevestig of hul familielede in die ongeluk betrokke was.

Hy het gesê ’n forensiese DNS-ondersoek sal dalk gedoen moet word om die identiteit van die tien oorledenes te bepaal, aangesien almal onherkenbaar verbrand is. Hy het bygevoeg die identifiseringsproses en verdere reëlings sal hanteer word sodra die kantoor van die plaaslike misdaadkoördineerder meer inligting kan verskaf.

“Ons doen ’n beroep op alle bestuurders om aandag te gee aan padtekens en by die spoedgrens te hou. Terselfdertyd wil ons die bedroefde gesinne sterkte toewens in hierdie moeilike tyd,” het hy gesê.

Kenya Kambowe berig dat een van die voertuie glo op pad terug was van ’n roudiens, voor ’n begrafnis wat die volgende dag sou plaasvind.

BUITE SWAKOPMUND

’n Noodlottige ongeluk is Vrydagaand op die B2-roete sowat 20 km buite Swakopmund in die omgewing van die Nonidas-plotte aangemeld.

Een passasier, Maxine Deversha Hope Ouses (21), is op slag dood toe die bestuurder van ’n sedanvoertuig glo beheer verloor het, wat daartoe gelei het dat die voertuig die pad verlaat en omgeslaan het. Die bestuurder is uit die voertuig geslinger en paramedici moes op die toneel ingryp voordat hy in ’n ernstige, maar stabiele toestand na die hospitaal vervoer is.
Nog twee ander passasiers het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel behandel word voordat hulle ook na die staatshospitaal op Swakopmund geneem is.

Die Swakopmund brandweer- en reddingsdienste was op die toneel om die lyk van die oorledene onder die voertuig uit te haal.

Twee passasiers is Saterdag in die vroeë oggendure na Windhoek oorgeplaas vir spesialisbehandeling en versorging weens die aard van hul beserings.

Spoed en ’n gebarste band was vermoedelik bydraende faktore, hoewel die oorsaak van die ongeluk en die voorafgaande gebeure steeds ondersoek word.

MEER PADSTERFTES

Padsterftes word vanjaar in groot getalle aangemeld.

Die genoemde twee voorvalle volg kort ná die ongeluk op 20 Maart vanjaar in die Bahnhof-gebied van Rehoboth. Op dié Saterdagaand is vyf mense dood toe die voertuig waarin hulle gery het, teen ’n muur vasgery het.

Vyf van die sewe passasiers van die Land Rover is dood toe die voertuig ná die botsing in vlamme uitgebars het en hulle vasgekeer was. Twee het daarin geslaag om uit die brandende motor te kom.

Dit was destyds nie bekend of daar alkohol betrokke was nie, maar spoed was glo ’n bydraende faktor.

[email protected]; [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton | Arsenal 0 vs 2 Aston Villa | West Ham 0 vs 2 Fulham | Liverpool 0 vs 1 Crystal Palace | Bournemouth 2 vs 2 Manchester United | Manchester City 5 vs 1 Luton Town | Brentford 2 vs 0 Sheffield United | Burnley 1 vs 1 Brighton | Nottingham Forest 2 vs 2 Wolves | Newcastle 4 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia | Real Sociedad 2 vs 2 Almería | Athletic Club 1 vs 1 Villarreal | Granada 2 vs 0 Deportivo Alaves | Las Palmas 0 vs 2 Sevilla | Cadiz 0 vs 1 Barcelona | Mallorca 0 vs 1 Real Madrid | Rayo Vallecano 0 vs 0 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa | Inter Milan 2 vs 2 Cagliari | Udinese 1 vs 1 AS Roma | Sassuolo 3 vs 3 AC Milan | Napoli 2 vs 2 Frosinone | Bologna 0 vs 0 Monza | Torino 0 vs 0 Juventus | Lecce 1 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 15° | 33° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:10, High tide: 10:17, Low Tide: 16:39, High tide: 23:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:08, High tide: 10:15, Low Tide: 16:37, High tide: 23:25 Walvis Bay: 14° | 25° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:08, High tide: 10:14, Low Tide: 16:37, High tide: 23:24 Rehoboth: 13° | 31° Mariental: 14° | 30° Keetmanshoop: 16° | 30° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 15° | 23° Lubumbashi: 15° | 25° Mbabane: 13° | 20° Maseru: 11° | 17° Antananarivo: 14° | 18° Lilongwe: 15° | 25° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 18° | 25° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 13° | 21° Dar es Salaam: 23° | 25° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.6 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.02 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.65 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 832.82 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 48.45 | USD to KES 131.48 | USD to NGN 1138.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72999.63 Down -2.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1520.5 Down -2.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13362.33 Down -0.08% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29400.84 Down -0.73% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 393.09/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.29/lb DOWN -0.0139 | Zinc US$ 2 778.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 90.44/BBP DOWN -0.0033 | Platinum US$ 962.70/OZ DOWN -0.0098 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton | Arsenal 0 vs 2 Aston Villa | West Ham 0 vs 2 Fulham | Liverpool 0 vs 1 Crystal Palace | Bournemouth 2 vs 2 Manchester United | Manchester City 5 vs 1 Luton Town | Brentford 2 vs 0 Sheffield United | Burnley 1 vs 1 Brighton | Nottingham Forest 2 vs 2 Wolves | Newcastle 4 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia | Real Sociedad 2 vs 2 Almería | Athletic Club 1 vs 1 Villarreal | Granada 2 vs 0 Deportivo Alaves | Las Palmas 0 vs 2 Sevilla | Cadiz 0 vs 1 Barcelona | Mallorca 0 vs 1 Real Madrid | Rayo Vallecano 0 vs 0 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa | Inter Milan 2 vs 2 Cagliari | Udinese 1 vs 1 AS Roma | Sassuolo 3 vs 3 AC Milan | Napoli 2 vs 2 Frosinone | Bologna 0 vs 0 Monza | Torino 0 vs 0 Juventus | Lecce 1 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers Weather: Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 15° | 33° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:10, High tide: 10:17, Low Tide: 16:39, High tide: 23:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:08, High tide: 10:15, Low Tide: 16:37, High tide: 23:25 Walvis Bay: 14° | 25° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:08, High tide: 10:14, Low Tide: 16:37, High tide: 23:24 Rehoboth: 13° | 31° Mariental: 14° | 30° Keetmanshoop: 16° | 30° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 15° | 23° Lubumbashi: 15° | 25° Mbabane: 13° | 20° Maseru: 11° | 17° Antananarivo: 14° | 18° Lilongwe: 15° | 25° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 18° | 25° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 13° | 21° Dar es Salaam: 23° | 25° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.6 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.02 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.65 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 832.82 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 48.45 | USD to KES 131.48 | USD to NGN 1138.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72999.63 Down -2.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1520.5 Down -2.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13362.33 Down -0.08% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29400.84 Down -0.73% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 393.09/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.29/lb DOWN -0.0139 | Zinc US$ 2 778.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 90.44/BBP DOWN -0.0033 | Platinum US$ 962.70/OZ DOWN -0.0098