Gru00f3u00f3t ou00eb op Jan Taks
Gru00f3u00f3t ou00eb op Jan Taks

Gróót oë op Jan Taks

Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy



Verbruikers wat voortaan BTW van 15% op suiker sal moet betaal, is een van die rits belastingaankondigings wat in vanmiddag se halfjaar-begrotingshersiening verwag word.

Kenners met wie Republikein gesels het, verwag nie reuseverrassings in die regering se algehele besteding nie, maar staal hulself wel vir beduidende aankondigings rakende die belastinghervormings wat die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, in vorige begrotings gemeld het.

Dié aankondigings wissel van belasting op toegevoegde waarde (BTW) op suiker en 'n verhoging in sondebelasting tot die instelling van 'n uitvoerheffing op hout. (Lees ook die berig in Market Watch vandag.)

Mnr. Robert McGregor, ekonoom van Cirrus Capital, meen Schlettwein is opnuut in 'n “onbenydenswaardige posisie” vasgevang met die resessie aan die een kant en broodnodige begrotingskonsolidering aan die ander kant.

Die belangrikste ding wat die minister moet doen, is om uitgawes te beheer, sê McGregor. Weens die ekonomie is die vooruitsigte vir inkomste droewig en enige verhoging in die begrotingstekort gaan bykomende skuld beteken, sê hy.

Mnr. Dylan van Wyk, ontleder by IJG Securities, stem saam.

“Ons hoop van harte ons het nie van koers afgewyk nie en dat die fokus op fiskale volhoubaarheid in die lang termyn ongeskonde is,” sê Van Wyk.

Luidens die hoofbegroting wat Schlettwein in Maart ingedien het, beloop uitgawes in 2019-'20 bykans N$66,6 miljard. Die regering hoop vir belastinginkomste van amper N$54 miljard, waarvan omtrent N$18,9 miljard uit die poel van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sacu) is.



Uitgawes

Onbeheerbare uitgawes in die vorm van rente op skuld plaas die grootste druk op die regering, sê me. ­Indileni Nanghonga, ontleder by Simonis Storm.

“Rentedelgings verteenwoordig 82% van die begrotingstekort. Die voortdurende styging in skuld, as dit nie in ekonomiese groei omgesit kan word nie, is 'n ernstige bron van kommer,” sê sy.

In die hoofbegroting word skuld vir 2019-'20 op bykans N$96,3 miljard beraam en beloop die begrotingstekort amper N$8,2 miljard.

Die mees onverantwoordelike stap wat Schlettwein kan doen, is 'n onverwagse verhoging in onproduktiewe besteding of 'n skerp styging in maatskappybelasting, sê Van Wyk.

Hoër uitgawes weens onbeplande oordragte na ondernemings in staatsbesit (SOE's) en die komende verkiesing is 'n moontlikheid. Sou dit die geval wees, sal geld, soos vantevore, eenvoudig van die ontwikkelings- na die bedryfsbegroting verplaas word, meen McGregor en Nanghonga.

Beide is bekommerd oor die stadige tempo waarteen geld in die ontwikkelingsbegroting bestee word.



SOE's

Luidens die hoofbegroting beloop die ontwikkelingsbegroting vir 2019-'20 sowat N$7,9 miljard – ongeveer N$2,3 miljard meer as in 2018-'19. McGregor wys daarop dat “baie min” aankondigings in die huidige begrotingsjaar gemaak is oor groot infrastruktuurprojekte wat dié hoër toekennings ontvang het.

Fitch Ratings het verlede maand, toe dié internasionale kredietgradeerder Namibië verder in rommelstatus gedompel het, sy bedenkinge oor die regering se begrotingskonsolideringsplan uitgespreek.

“Gedempte ekonomiese vooruitsigte, saam met verhoogde ongelykheid en hoë werkloosheid” bied reuse-uitdagings aan die regering se plan om sy skuld met uitgawebesnoeiing te stabiliseer, het Fitch gesê. Veral die regering se duur salarisrol is in dié verband genoem.

Fitch het ook na reddingsboeie vir sukkelende SOE's verwys. McGregor sê Schlettwein sal hopelik duidelikheid hieroor gee. Van Wyk meen 'n “baie klein moont­likheid” bestaan dat Air Namibia se likwidering deel van die begrotingsplanne is. Hoewel dit rofweg N$2,5 miljard gaan kos, sal dit 'n “meer positiewe verwikkeling” as nog reddingsboeie wees, sê hy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: European Championships Qualifying: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%