Group Five aandeelprys spring
Gerugte wat al maande lank die rondte doen dat die konstruksiemaatskappy Group Five oorweeg om te herstruktureer, kom al nader aan die werklikheid.
Group Five se aandeelprys het Maandagoggend fluks met byna 37% tot R12,61 opgeskiet nadat in 'n Sens-verklaring aangekondig het hy het 'n aanbod van R1,6 miljard vir sy Europese belange ontvang.
Group Five is spesifiek bedrywig in Europese tolpadkonsessies.
Daar is reeds vroeër vanjaar wyd bespiegel die groot rede hoekom sy grootste aandeelhouer, Allan Gray, op 'n nuwe direksie aangedring het, juis was om dié afdeling te ontknoop.
Allan Gray het dit hewig ontken.
Die maatskappy het wel in Julie sy hele direksie vervang.
Hy het sedertdien in Augustus met die bekendmaking van sy jaarresultate en weer in Oktober op Sens gesê dat hy steeds die maatskappy se struktuur heroorweeg.
Die aanbod vir die Europese bedrywighede is laat Vrydag deur die eiendomsmaatskappy Greenbay gemaak.
Group Five sê hy het 'n brief wat die genoteerde maatskappy se “vaste voorneme” uiteensit ontvang.
Die belange waarvoor die aanbod gemaak is bestaan uit Group Five se bedrywighede in Bulgarye, sy belang in Europese konsessies en bestuurs- en instandhoudingskontrakte met Intertoll Europa.
Greenbay se aanbod vir Group Five se bates is net geldig tot 20 Oktober om 17:00.
As Group Five nie teen die einde van die week die aanbod aanvaar nie, sal dit verval.
Indien Group Five die aanbod aanvaar, is dit onderhewig aan verskeie voorwaardes soos in wetgewing uiteengesit.
Group Five sê in 'n Sens-verklaring sy direksie sal die aanbod oorweeg.
Hy sal ook 'n onafhanklike kenner aanstel om 'n billike en redelike mening oor die aanbod te gee.
Die maatskappy sê aangesien hy die aanbod so laat ontvang het, het sy direksie nog nie behoorlik kans gehad om dit te bestudeer nie.
Hy sê “ 'n voorlopige opmerking is dat Greenbay se aanbod van R1,6 miljard 'n wesenlike onderwaardering van die bates is wat 'n fundamentele deel van Group Five se portefeulje uitmaak.”
Group Five het vir die eerste keer in 11 jaar 'n verlies gely vir die boekjaar tot einde Junie.
Hy het 'n wesensverlies per aandeel van R8,53 gely teenoor 'n wesensverdienste van R3,35 'n jaar gelede.
Group Five het Vrydag op die JSE 2,95% laer op R9,21 gesluit.
Greenbay se aandeelprys het bykans 1% hoër op R2,41 gesluit. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie