Groter stoom vir TransNamib
Die nasionale spoorwegonderneming gaan ’n vyfjaarplan van N$2 miljard in werking stel.
font face="Verdana" >
Augetto Graig - Die nasionale spoorwegonderneming TransNamib het ’n nuwe raad en strategiese besigheidsplan aangekondig waarmee die onderneming ’n nuwe rigting gaan inslaan.
Die raad bestaan uit me. Josephine Shikongo, dr. Michael Ochurub, me. Gaenor Michaels, mnr. Oscar Kaveru, adv. Sigrid Tjijorokisa en mnr. Vincent Mberema.
Hulle is Woensdag amptelik deur die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, en TransNamib se uitvoerende hoof, mnr. Johny Smith, voorgestel.
By die geleentheid het Smith gesê hy is opgewonde oor die rigting waarin die maatskappy tans beweeg.
“Ek hoop dit is die begin van ’n nuwe era van samewerking. Ek is opgewonde oor die projekte en werk wat ons reeds begin het en wat nou voortgaan. Die fondasie vir is gelê vir die onderneming om te groei,” het hy gesê.
Volgens Smith is TransNamib tans sowat 25 jaar agter wat ontwikkeling betref, en daarom moet “betekenisvolle stappe” geneem word om die onderneming te ontwikkel, het Smith gesê.
Mutorwa het die voormalige TransNamib-raad se tekortkominge uitgewys.
“Op 8 Februarie is ek ’n jaar by die ministerie van werke en vervoer, en in daai tyd was TransNamib een van die ondernemings wat my die meeste probleme besorg het. In die vorige raad was daar meningsverskille en daarná was dit ’n sirkus. As die een by ’n vergadering instap, stap die ander een uit. Dit is belaglik. As julle probleme teëkom, sorteer dit uit,” het hy aan die nuwe raadslede gesê.
“Ek wil nie weer so iets sien nie.”
Volgens dié minister is 55 aansoeke vir die poste van raadslede ontvang.
Van dié aansoeke was egter nie vir die leierskap geskik nie, en vroue en verskeie etniese groepe is swak verteenwoordig.
Saam met die ministerie van staatsondernemings is besluit om die databasis van goedgekeurde moontlike raadslede aan te wend om dié tekortkominge te pak.
Mutorwa het gesê ’n sewende raadslid moet nog aangestel word.
Jooste het die belangrikheid van aanspreeklikheid benadruk.
Hy het gesê TransNamib is van uiterste strategiese belang vir Namibië se ekonomie, maar weens die huidige ekonomiese druk kan die staat nie veel aan die staatsonderneming bestee nie.
“TransNamib is een van die toptwee-staatsondernemings, indien nie die belangrikste nie. Ons weet almal dit is nie in die toestand wat dit moet wees nie. Laat dit julle liewer aanmoedig om ’n verskil te maak deur die probleme te pak en op te los,” het hy gesê.
Jooste het genoem die nuwe wet met betrekking tot staatsondernemings sal binnekort bekragtig word.
Daardeur sal sy ministerie beter prestasie deur middel van prestasie-ooreenkomste kan bestuur, het hy gesê.
Mutorwa het die strategiese besigheidsplan bespreek wat die kabinet verlede jaar vir TransNamib goedgekeur het.
Dié vyfjaarplan van N$2 miljard sluit in die verkoop van TransNamib-eiendom wat nie noodsaaklik vir die kernbesigheid is nie, voorkeur aan ander staatsondernemings by die aankoop van hierdie eiendom, die waardering van 12 oorbodige lokomotiewe, en ’n forensiese ondersoek na wanbestuur, wat tot ’n lening van N$410 miljoen vir dié lokomotiewe gelei het.
Jooste was veral trots daarop dat die vyfjaarplan deur TransNamib self gefinansier word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie