Groter, beter Hosea Kutako

Ou eindpuntgeboue weer gebruik

17 September 2019 | Vervoer
Augetto Graig - Die Internasionale Lughawe Hosea Kutako kry binnekort sy nuwe baadjie.

Die amptelike sooispitseremonie van die projek is gister gehou.

Bykans N$250 miljoen se opgraderings en uitbreidings van die tans beknopte geriewe skop na verwagting volgende week af. Die kopseer veroorsaak deur lang rye by die land se grootste lughawe is dus amper verby.

Die adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge­ en samewerking, me. Netumbo Nandi-­Ndaitwah, het gister se geleentheid behartig.

Dit was in haar hoedanigheid as voorsitter van die spesiale kabinetskomitee wat laat in 2018 gestig is om dringend na die vergroting van die lughawe om te sien.

Die regering, by wyse van die ministerie van werke en vervoer, sal N$155 miljoen beskibaar stel, volgens die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) se raadsvoorsitter, dr. Leake Hangala. Nog N$95 miljoen sal dié staatsonderneming verantwoordelik vir die land se lughawens self bydra, het hy gesê.

Hangala het klem gelê op die toename in besoekers na die internasionale lughawe, veral sedert 2016 toe meer buitelandse lugrederye Hosea Kutako begin gebruik het.

“In 2018 was die totale aantal passasiers wat deur die Hosea Kutako-lughawe beweeg het, op meer as een miljoen geskat. Ons verwag dit sal op die trant voortduur, wat tot verdere opeenhopings kan lei,” het hy gesê.

Dié situasie het groot druk op die beskikbare geriewe geplaas, en die nood om die lughawe uit te brei het dringend geraak, het Hangala gesê.

Volgens hom is die doelwit om die lughawe se kapasiteit te verdubbel om die toename in besoekers tot 2030 te akkommodeer.

Die aantal aankomstoonbanke sal van 14 tot 18 vermeerder word, veiligheidspunte van drie tot vyf, en immigrasietoonbanke vir vertrekkende passasiers van drie tot sewe, elk deur twee beamptes beman.

Die vertreksaal word uitgebrei, asook die bestaande eindpunt­geboue wat 'n splinternuwe aankomsaal sal huisves. Sewentien immigrasie­toonbanke sal daar gevestig word, aansienlik meer as die agt wat nou in gebruik is. Die bagasiesaal word ook opgegradeer, met drie nuwe ­bagasievervoerbande wat vragte van drie groot vliegtuie op 'n slag kan hanteer. Die huidige twee kan saam die bagasie van net een groot vliegtuig vervoer.

Die historiese ou eindpuntgeboue kry ook nuwe lewe nadat dit tot onlangs slegs tydens besoeke van belangrike persone en spesiale geleenthede gebruik is. Dit sal nou vir plaaslike vlugte opgeknap word, het die NAC se woordvoerder, mnr. Dan Kamati, bevestig.

Die uitvoerende hoof van die NAC, mnr. Bisey /Uirab, het gesê dié lank uitstaande belegging sal Hosea Kutako ophef tot die hoogste vlakke van die internasionale lughawe-­ervaring. Hy sê die maatskappy verwag werknemers en alle ander diensverskaffers by die lughawe moet ook hul dienslewering verbeter om te verseker besoekers verlaat die lughawe “met die beste ervaring”.

Die boukontrak is aan die Nexus-groep toegeken. Dié plaaslike bou- en siviele konstruksiegroep het 'n jaarlikse omset van N$500 miljoen en meer as 700 werknemers, volgens hul webwerf.

Hangala het hulle aangemoedig om teen September 2020 die werk klaar te hê. Nandi-Ndaitwah het bygevoeg “dit sal 'n ramp wees as julle laat is”.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Geval nr. 22 se toestand kritiek

8 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - Teen laat gister was daar geen opflikkering in die gesondheidstoestand van die 63-jarige Walvisbaaier wat in die intensiewesorgeenheid van ’n private hospitaal...

Skuldriller

8 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Die omvang van die Covid-19-pandemie het die ekonomie finaal verpletter en gaan die land vanjaar met ‘n algehele begrotingstekort van bykans N$21,4...

AR steun Ipinge se ingrype

8 ure gelede | Politiek

Denver Kisting en Augetto Graig - Mnr. Job Amupanda van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) dring aan dat die raadslid vir die Walvisbaai stedelike kiesafdeling, mnr....

AR steun Ipinge se ingrype

8 ure gelede | Politiek

Denver Kisting, en Augetto Graig – Mnr. Job Amupanda van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) dring aan dat die raadslid vir die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling, mnr....

Weer, Donderdag 28 Mei 2020

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, elders sonnig en matig tot warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en matig met miskolle op plekke. GETYE BY WALVISBAAI:...

8 vas oor renosterstropery

8 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Agt vermeende renosterstropers en -horingsmokkelaars is oor twee dae vasgetrek.Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is twee...

2019-’20-reënseisoen verbeter op rampjaar

8 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Die Namibië meteorologiese dienste sê tydens die afgelope reënseisoen het die meeste streke normaal tot ondernormale reëns aangeteken, alhoewel reën in April...

Swapo betaal partytjieboete

8 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die uitvoerende direkteur van Swapo, mnr. Austin Samupwa, is verlede week met N$2 000 beboet weens die regerende party se 60ste verjaardagpartytjie...

'n Vars bries vir die teaterbedryf

8 ure gelede | Kuns en vermaak

Kunstenaars wat hoop om hul produksies of idees deur die Nasionale Teater van Namibië (NTN) te vervaardig, kan nou hul voorleggings vir 2021 en 2022...