Grootskerm-vermaak is terug!

16 June 2020 | Kuns en vermaak
Die reuk van springmielies hang weer in die lug. Fliekvlooie wat die afgelope paar maande tevrede moes wees met stroomdienste, kan stadig weer uit hulle gate begin kruip. Die Ster Kinekor-teaters in die Maerua- en The Grove-inkoopsentrums het die afgelope naweek heropen ná hulle byna drie maande weens die inperking gesluit was.

Dit is nog nie veilig om te sê mense kan fliekteaters toe stroom nie, maar hulle kan wel op 'n georganiseerde manier grootskerm-vermaak soos in die ou dae (drie maande gelede) geniet.

'n Personeellid van die teater in Maerua Mall sê hulle pas al die nodige veiligheidsmaatreëls toe soos die regering vereis. Met hulle aankoms moet fliekgangers 'n register invul en hulle hande word ontsmet. Hulle moet ook ten alle tye sosiale afstand toepas. Slegs 50 mense word op 'n slag in 'n flieksaal toegelaat en, met die uitsondering van paartjies wat saam gaan fliek, moet 'n stoel te alle tye tussen mense oop wees.

“As twee mense saam kom fliek kan hulle natuurlik langs mekaar sit, maar dan moet daar twee oop stoele tussen hulle en die volgende persoon wees,” sê die personeellid.

Ongelukkig word geen nuwe flieks tans vertoon nie, aangesien die wêreldwye pandemie tot dusver die bekendstelling van nuwe flieks verhinder het. Bad Boys for Life, Bloodshot, The Gentlemen en Onward word tans op die grootskerm gewys.

“Hopelik kan ons binnekort nuwe flieks wys, maar op die oomblik weet ons nie wanneer dit gaan wees nie,” het die bron gesê.

Vir getroue fliekvlooie kan dié egter 'n ligpunt in 'n donker tonnel wees.

Die program is op Ster Kinekor Namibia se Facebook-blad beskikbaar.

Soortgelyk

 

Iran: Kernkragontploffing veroorsaak beduidende skade

8 ure gelede | Internasionaal

’n Kernkragontploffing Donderdag in ’n pakhuis by die Ntanz-aanleg in sentrale Iran het beduidende skade aangerig en kan die produksie van sentrifuges vertraag wat uraan...

Egipte arresteer dokters om kritici stil te maak

8 ure gelede | Internasionaal

Ongeveer tien dokters en ses joernaliste is vanaf Februarie in Egipte in hegtenis geneem omdat hulle die regering van pres. Abdel Fattah el-Sissi kritiseer oor...

Covid-19 knou Media24

10 ure gelede | Afrika

Media24 oorweeg dit om vyf tydskrifte en twee koerante te sluit, sy oorblywende maandelikse tydskrifte uit te kontrakteer en hul frekwensie te verminder, twee koerante...

Kenia heropen grense na 4 maande

11 ure gelede | Afrika

Mnr. Uhuru Kenyatta, die president van Kenia, het Maandag die heropening van dié land se grense “in fases” aangekondig.Internasionale vlugte sal vanaf 1 Augustus...

55 nuwe Covid-19-gevalle bring totaal op 593

11 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 55 nuwe gevalle van Covid-19 is die afgelope 24 uur in die land...

Twee vas oor olifanttande

22 ure gelede | Misdaad

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 29 Junie tot 6 Julie is twee nuwe wildmisdaadsake aanhangig gemaak en vier verdagtes in hegtenis geneem. Mnre. Alfred...

Kleintjies terug skool toe

22 ure gelede | In beeld

Leerlinge vanaf graad 0 tot 3 het gister weer vir aangesig tot aangesig onderrig teruggekeer met leerlinge en ­onderwysers wat opgewonde was om weer by...

Tuiskwarantyn aan kus ’n opsie

22 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gaan meer buigsaam wees in die kwarantyn van kontakte van bevestigde Covid-19-gevalle in die...

Psemas: ‘Tender sluit almal behalwe Methealth uit’

22 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Dit wil voorkom asof die bepalings van ’n tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, op so ’n manier...