Groot sake op die spel
Die wyse waarop die uitdaging van November 2019 se uitslae in Namibië presidensiële verkiesing Vrydag deur die hooggeregshof behartig is, is bewys van die lewende aard van die onafhanklike regbank in ons land.
Geregtigheid – en die sigbare najaag en afdwing daarvan – is ‘n integrale deel van demokrasie.
Indringende vrae deur verskeie van die vyf regters op die bank is een bewys hiervan.
Die groot aantal polisielede wat ontplooi is by die hof en Staatshuis saam met die afsperring van verskeie strate in die middestad was vir sommige inwoners ‘n beslommernis. ‘n Mens moet egter ook die gevare verstaan van byvoorbeeld betogings en geweld sou daar onmiddellik ‘n uitspraak gewees het. Vir sommige sal dié bult van spiere deur die sekurokrasie nietemin steeds ontstemmend wees.
‘n Mens moet nooit enige hofuitspraak vooruit loop nie. Op, of dalk reeds voor 6 Februarie sal Namibiërs weet wat die beslissing is, hetsy eenparig of met ‘n minderheidsmening.
Groot kwessies is op die spel wanneer die uitslag van enige verkiesing ongeldig verklaar word. Kernvrae sluit in of daar soveel jaar ná die aanvaarding van die Verkiesingswet in 2014 dringendheid bestaan en of die demokratiese proses en stemreg, soos die aansoekers aanvoer, onregmatig en selfs onverantwoordelik geskend is deur nie lankal wetgewers se vereiste van ‘n papierspoor vir elektroniese verkiesings te implementeer nie.
Ons leef in interessante tye.
So sê ander
20 Januarie 2020
Ontoereikende droogtehulp laat SA verder gly
Met sy gebrekkige ramphulp en gesloer om te red wat nog te redde is, bied die regering min hoop aan boere wat vasgevang is in die wurggreep van die vernietigende droogte én laat hy die land verder in die steek.
In die Noord-Kaap, wat nou ook – veels te laat – tot rampgebied verklaar is, is die beloofde droogtehulp van R300 miljoen minder as die helfte van die R688 miljoen wat boere nodig het om die volgende drie maande te oorleef.
Landbouers en landbou-organisasies is steeds in die duister oor hoeveel van dié geld uiteindelik vir noodsaaklike veevoer en die vervoer daarvan gegee gaan word en hoeveel gebruik gaan word vir die sink en herstel van boorgate en die uitbou van algemene waterinfrastruktuur. Dié somme word nog gemaak.
Van herhaaldelike beloftes vir vaartbelynde en doeltreffende hulp in droogtetye kom niks. Droogte ná droogte gaan die landbousektor gebuk onder ontoereikende en wanbestuurde ramphulp.
Die hulp aan Oos-Kaapse boere skiet, soos die beloofde hulp in die Noord-Kaap, ver te kort.
In ’n nasionale humanitêre ramp soos dié is dit skandelik dat die regering steeds nie – in die belang van voedselsekerheid, vooruitgang en stabiliteit – die noodsaak van behoorlike voorsorg en tydige ramphulp besef nie.
Met hierdie versuim laat die regering die land net verder teen die afgrond afgly.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie