Groot os behaal N$44 000
Groot os behaal N$44 000
Encore vir Otjiwarongo Blaauwberg-veiling
22 February 2021 | Landbou
Elvira Hattingh
Vir die tweede keer binne ‘n maand is ‘n rekordprys op ‘n Blaauwberg-veiling op Otjiwarongo vir ‘n bielie van ‘n os betaal. Die os het óók aan die Van Wyks van Figenfeld Farming behoort en het N$44 000 behaal.
Dié keer is die koper van die 992 kg-os Elite Biltong se mnr. Van Zyl Louw.
Dit volg nadat Chris en Neels Labuschagne van Waterberg Agri Trading op 4 Februarie vanjaar ook 'n rekordprys van N$39 000 vir 'n 998 kg-slagos op 'n Blaauwberg-veiling betaal het. Dié os was ook van Figenfeld Farming en was 14 jaar oud.
Mnr. Rian van Wyk sê die jongste os het die afgelope Donderdag weer eens vir groot opgewondenheid op Otjiwarongo se veiling gesorg.
“Ou Strepes is ‘n baie spesiale os. Ons is hartseer om hom te laat gaan, hy is baie mak.
“Hy het egter baie oud begin raak en ons het besluit om hom te verkoop. Die osse begin naderhand heupprobleme kry. Ek het gesien hy loop baie swaar en ons het hom met ‘n hengse gesukkel op ‘n lorrie gekry.
“Ek is egter baie bly my vriend Van Zyl Louw het hom gekoop, want hy gaan vir my die vel hou. Ek gaan dan die vel laat looi, dan het ek ten minste ‘n herinnering van ou Strepes.
“Ek sê vir my vrou daai os is so groot ons gaan dalk die sitkamer moet vergroot om die vel te laat pas,” skerts Van Wyk.
Van Wyk is saam met sy broer, Leon, en 'n derde persoon, mnr. Tony da Costa, in 'n vennootskap in Figenfeld Farming betrokke.
Hy sê daar word seker gemaak Strepes word tot op die laaste goed behandel.
“Ek dink nie ek gaan vanjaar nog so ‘n groot os veiling toe stuur nie,” spot hy, “so die koerant kan nou maar ontspan.”
Die twee osse tel onder altesaam vier osse wat hans op die plaas grootgemaak is, sê hy.
Op die veiling is altesaam 81 osse met 'n gemiddelde gewig van 517,17 kg teen gemiddeld N$32,61 per kg, of gemiddeld N$16 863 per kop verkoop. In totaal was 937 beeste, 235 bokke en 108 skape op aanbod. – [email protected]

Soortgelyk
Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan "onder die beste...
2 ure gelede | Gesondheid
N$583 miljoen vir Namibië se Covid-19 Ontplooiings- en Immuniseringsplan...
2 ure gelede | Gesondheid
Covid-19-regulasies geld tot 31 Maart
2 ure gelede | Gesondheid
Knopvelsiekte breek in Omaheke uit
3 ure gelede | Landbou
Metro spoils its customers
4 ure gelede | Plaaslik
Vrou woon in haar motor by hospitaal
13 ure gelede | Mense
Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker
13 ure gelede | Vervoer
Ses damme voller as 100%
13 ure gelede | Weer
Weer vir 24 Februarie
13 ure gelede | Weer
Kleinadvertensies